Identiteit weereens onder die vergrootglas

Can any man commit a greater crime than
be born Coloured in South Africa?

Jason Lloyd

Dit is die vraag wat ‘n man, genaamd Philip Stanley, gevra het in ‘n lesers-brief aan die destydse Johannesburgse Rand Daily Mail in Junie 1926. Niemand het op Stanley se brief gereageer nie; ook weet niemand of hy ‘n antwoord gekry het nie.

Amper twee dekades later lyk dit tog of Stanley se brief beantwoord is, so op ‘n toevallige manier. En dit deur niemand anders as die digter-aktivis, Adam Small, wat oor die jare die apartheid-seer van bruin mense in sy gedigte verwoord het.
In sy gedig, "Die Here het gaskommel", uit sy bundel Kitaar my Kruis (1962) stel Small dit so:

die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al
Nou in die post koloniale-en apartheidsera; ook nadat Small se stem stil het geword het, lei die verskyning van ‘n nuwe reeks boeke by Kwela en gelyktydig by South African History Online, getiteld Social Identities South Africa, ‘n nuwe era in.
Die onderwerpe van die boeke is baie uiteenlopend. Selfs die hip-hop van Brasse vannie Kaap en die taalbeleid in Suid-Arika word bespreek.
Dit plaas identiteit weereens onder die vergrootglas, want kyk dit was nog altyd ‘n baie topical issue in Suid-Afrika. Volgens die kernwoordeboek dui identiteit op wie ‘n mens is en vir watter soort mens jy jouself uitgee.
Identiteit is nie iets inherents aan ‘n mens wat dieselfde bly tot in alle ewigheid nie. Identiteit is ‘n konstruksie wat voortdurend hersien word, dis ‘n proses van word eerder as van wees.
Die veranderende omgewing na die val van apartheid was ongetwyfeld ‘n fundamentele keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika. Dat Suid-Afrikaners anders voel oor identiteit vandag, was dus te wagte.

Die reeks boeke, onder die redaksie van Abebe Zegeye van Unisa, is oos volg:

Hierdie boeke is almal verkrygbaar vanaf Kwela Boeke.































INHOUDSOPGAWE
TUISBLAD







Copyright:  © 2002 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/boek11.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 15 November 2002
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]