Lynette Coetzee 2000

DOCTOR OF COMMERCE (HONORIS CAUSA)

Lynette Coetzee se verbintenis met die oorspronklike “oogtrein” is een van passie, waagmoed, onbaatsugtige diens en leierskap. Sy het die trein met sy drie rytuie ontwikkel tot die omvattende 16-rytuig primêre gesondheidsorgtrein wat dit vandag is -- die enigste in sy soort ter wêreld.

Die jong biblioteekassistent wat in 1970 by Spoornet se Naslaanbiblioteek aangesluit het, het sekerlik nie in haar wildste drome kon dink dat sy sou vorder tot Senior Bestuurder (Mobiele Gesondheidsorg) by Transnet nie.

Een dag in Februarie 1993 staan vir Lynette uit as hoogtepunt.  Die oggend vyfuur ontvang sy ‘n telefoonoproep om te gaan help by die Braamfonteinstasie waar professor Jannie Ferreira se oogtrein vir herstelwerk aangedoen het.  Die nuus het vinnig versprei en kort voor lank het duisende mense op die trein toegesak. In die gejaag het Lynette die oggend kaalvoet en sonder haar baadjie by die stasie aangekom en die hele dag met ‘n skoenboks onder die arm rondgehardloop waarin sy die geld gedruk het.  Daardie aand elfuur het sowat 2000 mense brille ontvang.  Haar ervaring van die mense se knellende nood en behoefte aan gesondheidsorg het haar gedwing om net die volgende dag die besturende direkteur van Transnet te gaan spreek.

Lynette had been exposed to community involvement from her childhood on the East Rand, where her parents were community leaders and closely involved with the local old age home.  During her career at the Spoornet Reference Library Lynette obtained her BA degree in Social Science, a Higher Diploma in Library Science and a postgraduate Diploma in Museum Science (cum laude).  Subsequently, as Chief Librarian of Transnet, she obtained an Honours degree in Labour Relations before being appointed Manager (Community Involvement) at Group Corporate Public Relations. Here, she had to formulate policy that would focus on development and investment by Transnet in its own employees as well as external social investment projects.

Lynette’s involvement with Phelophepa had small beginnings. Inspired by India’s Lifeline Express, Professor Jannie Ferreira of the Rand Afrikaans University approached Transnet in 1993 with his idea for a two-coach mobile eye clinic and the company agreed to sponsor the modest project. The experience at Braamfontein station showed that the demand for the train’s services had quickly outstripped what RAU were able to supply, and Transnet – and Lynette – took over and greatly expanded the project.

In 1994, the Phelophepa train departed with 13 coaches on its first ambitious journey to provide eye care, general health care, medicine and health education to rural South Africa. Transnet soon realised that this project was a task all on its own and thus was born their Mobile Health Care division, with Lynette as manager.

Lynette se loopbaan vorder verder na Senior Bestuurder in beheer van die projek met ‘n begroting van R10 miljoen en later tot Senior Bestuurder (Mobiele Gesondheidsdiens) waar sy direk aan die Voorsitter van die Transnet Raad van Direkteure verslag doen.  Sy dien ook in Transnet se Transformasieraad.

Haar bestuursrol strek van die daaglikse diens wat die trein lewer tot bemarking en kommunikasie, strategiese beplanning, finansiële en projekbestuur, en skakeling met die regering en die opleidingsinstellings waarvan die studente praktiese opleiding op Phelophepa ontvang. Sy soek ook aktief ondersteuning vir die projek van ander plaaslike en internasionale ondersteuners.

Haar sukses in die bedryf van die projek het daartoe gelei dat sy in 1998 as die streekswenner in Gauteng Sentraal vir die Korporatiewe Sakevrou van die Jaar gekies is.

Nog ‘n baanbrekersprojek onder Lynette se leiding was die ontwikkeling van handleidings oor basiese gesondheidsake wat so geskryf is dat die pasiënte dit kan verstaan, in hul streekstaal en met prente toeganklik vir ongeletterdes.

Dit is ‘n groot voorreg vir die Universiteit van Port Elizabeth om aan Lynette Coetzee sy hoogste eer, die graad Doctor Commercii honoris causa toe te ken in erkenning vir haar buitengewone bydrae en baanbrekerswerk op die gebied van primêre gesondheidsorg en haar onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.