Titel Nommer 7 
Jammer dis so groot, skuif liewers af en lees terwyl dit aflaai.
Ahoi, Jah-mense!
Disclaimer

Net so 'n klein bietjie ekstra rastasprankel hierdie keer - al is daar effens minder massa. Maar dit is maar hoe die daggabesoedeling in die Oos-Kaap werk - dit maak mens lui en jy kry net nie gedoen wat gedoen moet word nie (aai&aai belowe egter om te probeer om vir die volgende uitgawe iets anders te oorweeg soos Prozac, of selfs baie meer Oprah Winfrey - die probleem is net dat mens dan soos 'n glanstydskrif begin lyk). Die goed wat aai&aai wel in die hande gekry het, was egter van 'n hoë gehalte, so hopelik is die uitset van die vereiste standaard. Die bos het aai&aai ook nie laat afsien van ons groot planne nie: daar word in hierdie uitgawe begin met 'n indringende politiek-ekonomiese analise van die Oos-Kaap, spesifiek toegespits op die rol wat branderplankry in die provinsie speel.
In soverre dit aai&aai se deurlopende monitering van die uitwerking van die tweede wet van die termodinamika in Transkeilie betref, glo aai&aai ook dat hierdie uitgawe heelwat vordering verteenwoordig. Die tyd kom nou vinnig nader waar aai&aai op aanvraag die kruisingspunt van die ideale aantal vektore vir spesifieke samestellings en optimale intervensie sal kan verskaf.

Aai&aai groet met Al Pacino se wysheid uit Scarface: "Don't get high on your own supply".
Aai&aai se eie stash is nou uitgeput, so oor en uit (hoop joune hou nog en dit is goed en nog sterk). Looi hom.
'n Laaste trekkie: Mag ons oë oopgaan en mag die idee van 'n reënboognasie vergaan in die walms van ons sinsverbystering.



INHOUD ........


spliff een .....
1. Die huis van die swart hings

Noo(r)dbestaan V
.............................................................deur Edna Deudney

2. Wysheid uit die KRYP

'n Onderhoud met Hagen Engler
.............................................................deur Philip John

3. Resensie:

A Larger Silence - Yvonne Burgess (1999)
.............................................................deur Philip John



spliff twee..........


Poësie..............


.... Elriena Delport
Orde, Crocodilia! III. Nuwe broeisel Die grassnyer
I. Voel krokodille? IV. Blik Siener
II. Oermoeder V. Hypnosis ...
.... Erns Grundling
Ek wil my stem in 'n olielamp plaas
* * * * *
skryf aan ons (klik)


Onse angeltjie word uitgegee deur Philip John

Adres:
Departement Afrikaans
Universiteit van Transkei
Privaatsak X 1
UNITRA
Umtata 5117

Laaste trek: Alle pitkoppe van die wêreld, steek aan!

Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die Universiteit van Transkei of die Universiteit van Port Elizabeth nie.

Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die outeurs. Enige gebruik van die materiaal in die tydskrif vir kommersiële of omgewingsonvriendelike doeleindes sonder die toestemming van die outeur(s) of die redakteur (of sonder gepaste omkoopaanbiedings), word nie toegelaat nie (die name van oortreders sal deurgegee aan die Vereniging vir Christelike Krieketkapteins vir gepaste optrede, so wees gewaarsku).

Terug na die HOOFBLADSY

Copyright:  © 2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/angel4-1.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 18 Jul 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]