|
||||||||||||||
| ||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
| |||||||||||||
|
DroomNet voor ek wakkerword
kom hy in die kombuis in
stil soos rook,
die swartman in sy lang kleed
en gryserige tulband.
Hy kom die aardappels haal
om hulle onder die as te sit.
Want hy is besig om homself te bekwaam
as Meester in die kuns van kos berei
op 'n oop vuur
van rou tot gaar.
Soos 'n rookkolom staan hy daarin die deur
Uitsig vanaf MpandestrandVandag het ek gesien hoe by Ndluzulu se diep, hoë huis Kaap Brazen Head oor die see uitkyk gesig in die rots gerig op oneindigheid
Sprokieswysheid
KhanisivuleleDie rivier kan nie oorgegaan word
Khanisivulele singene
Singene kwelo litye
Kwelo litye elika Ntunjambili
behalwe deur die swaeltjies nie
Die rots sal nie oopgaan -
die Rots-met-Twee-Openinge,
Ntunjambili -
behalwe vir die swaeltjies nie
Oh swallow, swift swallow, flying southOp 'n ou Egiptiese fries
die siele-swawel
wat opvlieg en uit
Nou kan hulle woon in die rots,
Broertjie en Sustertjie,
hy met sy jagtersbogie
sy met haar kosmaak-vuur
Hulle kan ingaan en uitgaan
deur die lied wat die swaeltjies sing.
Open Sesame!
Die klippie word 'n saad
Daar spruit 'n boom uit
wat opgroei tot in die wolke,
die drie Voëls-van-die-Hemel
kom hul nes daar maak
Dit reën in die dorsland.Agtergelaat is die droglied van die
mensvreters. Verby is vrees.
Aardkind kies vir Krokodil.
As sy hom liefhet, staan hy op,
'n prinssing sing die swaeltjies
weef in en uit
vleg soos 'n nessie
die kelk van die lied
die werksame Woord
Die semaion of tekenJammer
mens kan nie van Zen of Tao praat
sonder om geaffekteerd te klink nie,
asof jy jouself belangrik wil maak,
spog met geleende vere.# # #
Hoe dan sê
liewe aarde, mens!
Roos, Stroom
Koring
Ek of Jyhoe die lumineuse nabyheid
die onvatlike Isheid noem
wat omvattend inwoonBrood
Pad en Waarheid en Lewe
Skaapwagter, Wingerdstok
Opstanding
Water of Vuurmet elke woord wat is
kyk jyaf
in die put van die lig
die oneindig eie gesig# # #
Johannes van Efese
ons geliefde dissipel
was by wyse van spreke
die eintlike Man van die Teken.En uit Prins Hendrik se soektog
na 'n later Priester Johannes
vloei dalk nog eendag
die regte Afrika-wete.
Vertaling van 'n vers deur Christian Morgenstern
Ag Wêreld - arme mens
wat glad nie weet
wat hier in jou midde
aan die gang is nie.Die ware grootsheid van dié verwarde tyd
word lewend, menslik uitgeleef,
'n stuk verhewenste geskiedenis rol
hier voor ons af - en ons is saam daarin verweef.Ag grote Wêreld, arme moedermens,
wat (alweer - so droomverlore!)
nie weet, nie raai nie
wat word in haar gebore.
My bostuinKiepersol en Wilde Pruim
soek ek in my tuin.
Kastaiingboom en Witolien
is wat ek hier wil sien.Kafferboom en Huilboerboon
Witgat en Stinkhoutkroon
Hondepis en Perdepram
Nooit hoef ek my vir jul te skaam.Geelhoutboom en Wildevy;
pragtige Tierhout uit my kontrei.
Groot Noem-noem en Witkaree
eerder as bome vanoor die see.Nieshoutboom en Boekenhout;
Kruisbessie tot Witstinkhout.
Van Kanferfoelie en Besemtros
Tot Soetdoring en Bostaaibos.
Kei-appel en Wilde Geelkeur,
Ysterhout en Hardepeer;
Berggranaat tot by Bosvlier,
Julle hoort mos almal hier.
Stef Delport (1971)
* * * Dor en droog
Lê die vallei se oog,
Rustig en wag
Op sy glorie-dag.Wanneer hy sy vaal kleed
Met grypende lus verbreed
En sy vingers laat byt
Aan die menslike nietigheid.Om pluk-pluk met sy krag
Die mensdom te verag;
En met dierlike geweld
Oor te loop in die veld.Kant en wal
Lê die mens se val.
Sy beker loop oor
Op die beskawing se spoor.
Stef Delport (1971)
* * * Gister het ek jou afgeneem
Terwyl jy slaap.
Rustig, onbekommerd
En pragtig.My twee lense
Het gefokus
Op jou skoonheid
En verlang.Om saam met jou
In 'n droom te wees.
Om hand aan hand
met jou te wandel.Die bron van jou skoonheid
In jou diepste self;
Dit wat jy is,
te ontdek.My kamera faal egter
En ek moet jou wakker maak
Om self diep
In jou oë te kyk.
Stef Delport (1971)
* * * Vandag lê die wind
soos 'n wolkombers
Om jou;
en ek verlang huis toe,
na die ongebondenheid
van die plaas.Jou mense dwaal rond,
en soek na iets
In jou.
Saans gaan hul slaap.
Elkeen in sy nessie
nes al die ander.
Jou geboue reik steeds
na die hemelkruin
Bokant jou.
Om more platgeslaan
en afgebreek te word
vir 'n groter een.
Jou mense hou van jou.
Al word hul gees vernietig
Deur jou.
Jy wou my ook vang,
my een van hulle maak
maar jy kon nie.
In jou huise en jou krotte
is hul trots om een te wees
Met jou.
Sonder om te besef
dat jy hul vryheid
vir ewig weggeneem het,
Soos diere in 'n hok;
vir altyd opgesluit
Binne-in jou.Reël jy hul lewe
en sorg vir hulle,
soos dit 'n goeie baas betaam.In jou rookmis en jou vuil
lig jou mense hul glasies
Op jou.
Almal behalwe ek,
want ek verlang huis toe
na die plaas.Stef Delport (1971)
* * *
Waarom het jou rus
Jou nie geval?
En moes jy
Hardhandig
Die mens herinner
Aan jou vroëere krag?Waarom berus jy jou nie
In jou lot?
Met die kettings
Van die Mentz
Om jou bene
Beur jy nog.Soek jy miskien
na vergange glorie;
en jou kinders
wat kon suip,
sonder steurnis
van lemoenboorde?
Of probeer jy ontsnap
Na die see;
Waar bloedsuier-kanale
Nog nie bestaan,
En die mol
Jou nie kan verteer?
Was dit jou laaste
Stuiptrekking
Voor die mens
ook jou vryheid
in sy skema
toegesement het?Jy, wat rustend was
Het gebulder -
En die mens gewaarsku
Dat sy tegnologie
En dolle beskawing
Voor jou nog nietig bly.
Stef Delport (1971)
* * * Soms beny ek die mens
Wat rustig sy gang kan gaan,
Sonder om hom te steur
Aan wat hy van die wêreld verstaan.Wie se enigste probleem is
Hoeveel geld hy gaan wen
As hy raak voorspel het
By die perdewedren.Wat alles kan aanvaar
Wat die lewe hom bied:
Die glasie in die kroeg,
En die dronkverdriet.Wat hom nooit moet vermoei
Met 'n kwasi-filosofiese gesprek;
En as sy tydjie om is,
Dan doodeenvoudig vrek.Met Adam en Eva se val
Het die mens na benede gesink;
En as straf daarvoor het hy
Die vermoë gekry om te dink.Daarom beny ek die mens
Wat sy straf kan omseil
Deur bloot net te leef
Op 'n dierlike peil.Want my aandeel van die straf
Moet ek steeds bly dra:
Om die mens se bestaan
Sonder ophou te bevra.
![]() ![]() ![]() | ||||||||||||
|