A.C. Jordan se kosmologie

- Relevansie in konteks

deur W.M. Kwetana

Jordan is een van ons grootste landseuns: hy was 'n man met visie en ongelooflike versiendheid, 'n man wat in sy fiksie (en sy handelinge) 'n universum van gelykheid geskep het: nie-rassisme, nie-seksisme, en demokrasie en geregtigheid as 'n uitdaging gerig het teenoor die bestaande orde van die 1930's en vroeëer - 'n periode waartydens ongelykheid, ongeregtigheid, seksisme en eksploitasie as 'n donker wolk van misnoeë oor hierdie land gehang het.

Jordan het saam met sy tydgenote (Mqhayi, Jolobe en Madala) gehelp om verset teen al hierdie vorme van onderdrukking onder Xhosa'a aan te wakker; hy het ook gehelp om die Afrika-bewussyn voor te berei vir die huidige situasie en die verandering na sosiale geregtigheid en demokrasie, kenmerkend van die Suid- Afrika van die 1990's.
A.C. Jordan
A.C. Jordan

Kettle se idees oor kuns bevestig wat ons in Jordan se werk sien:

Art is one of the essential ways of discovering what men and their world are really like, and not least, what their potentialities are. Art is tremendously important and valuable precisely because it is not what culture-snobs think it is, a pleasant and elegant trimming to our lives, the icing on the cake. It increases not simply out enjoyment of life (though it does that) but our knowledge and understanding releases new energy in us, helps us to change the world. As George Thomson has put is: "The artist leads his fellow men into the world of fantasy, where they find release, thus asserting the refusal of the human consciousness to acquiesce in its environment, and by this means there is collected a hidden store of energy which flows back into the real world and transforms fantasy into fact."

(Kettle in Martin en Owens (reds.) 1988: 41)

Hierdie artikel is gebaseer op die uitgangspunt dat 'n skrywer die werklikheid waarneem, die werkinge van die situasie bestudeer, toelaat dat sy/haar bewussyn 'n verskeidenheid idees oor die situasie formuleer, en dan terugtrek om die idees logies te sif in 'n stil hoekie van sy/haar bewussyn om dan die gekose artistieke wêreld aan sy/haar lesers aan te bied. Hierdie produk kan 'n duplikaat van die werklike wêreld wees of 'n fiktiewe, verbeterde wêreld gekenmerk deur 'n nuwe stand van sake wat tot stand kom na 'n rewolusie van die een of ander aard. Kettle voel dieselfde:

..the fantasy world of art is ... a reflection of the real world ... the artist has as his raw materials human beings and their relationships .... the artist does, in an important sense, withdraw from life in order to master and participate in it.

(Kettle in Martin en Owens (reds.) 1988: 41)

In Jordan se twee prosawerke, Kwezo Mpindo Zetsitsa en Ingqumbo Yeminyanya, vind ons 'n stabiele orde wat Jordan aanbied as 'n werklik bestaande orde. In laasgenoemde werk projekteer Jordan die nosie dat die Afrikaan 'n wêrelduitkyk gehad het wat al sy daaglikse aktiwiteite gerig het (maar, hy het nie van kommentaar gehou wat impliseer dat daar 'n werklikheid in sy werk was nie, volgens Makalima). Mqhayi, sy tydgenoot, het ook deurgaans volgehou dat so 'n filosofie die daaglikse aktiwiteite van Afrikane van hierdie land in die ou dae gerig het (en selfs miskien vandag nog, as ons kyk na die laaste reë'l van die tweede sitaat hierna). Mqhayi se beskrywing van hierdie orde word vollediglik gegee in Udon Jado en in die prosaïese dele van Ityala Lamawele, maar dit word pittig en briljant in die volgende welbekende reëls uiteengesit:

"Yivani zizwe sinibalisele:
Ngemihla yakudala, mini kwavel'iintaba
Kwabekw'umntu wamnye wokupath'abanye.
Kwathiwa ke loo mntu ngumntu wegazi,
Kwathiwa loo mntu yinkonyana yohlanga,
Kwathiwa loo mntu makathotelwe luluntu;
Aze athi yen'athobele uQamata;
Apho kuya kuvel'imithetho nezimiselo,
Aya kuth'akuzigwenxa, kungalungelelani,
Kube ziziphithiphithi nokuphambana koluntu,
Ibe nguQulukubhode ukuphambana komhlaba,

(Luister julle mense, laat ek julle iets vertel:
Oor die ou dae, toe die berge geskep is
Een man is vooraf bestem om die nasie te regeer.
Dit is gesê dat hierdie man koninklike bloed het,
Dit is gesê dat hierdie man die koning/prins van die nasie is
Dit is gesê dat hierdie man absolute gehoorsaamheid gegee moet word deur die nasie;
Hierdie man moes op sy beurt niks behalwe absolute gehoorsaamheid aan God gee nie;
Van wie wette en regulasies sal kom, indien dit gebreek word,
Sal daar chaos wees, daar sal gewelddadige oproer wees,
en brutale optrede deur die nasie (dit sal aan waansin grens).

(Mqhayi 1914: 30)

Mqhayi brei verder uit oor hierdie beeld van die kosmos in 'n gedig "Intaba KaNdoda" in Ityala Lamawele:

Mna ke, Mbongi yakwaGompo
Andithethi, ndiyalatha
Apho kwakudlulwa khona
NgooNyongande - kukudlelana
Ngabanini beli lize
............
Ukuz' intsaph' iva oonina
Oonina bev' amadoda,
Amadoda ev' iinkosi,
Iinkosi ziv' uQamata.
Apha ke ndalatha khona,
Phesha kweNtaba kaNdoda,
Phesha kweengqimba zamafu
Kwelesithathu izulu
Apho kuhlel' ishologu
Elathundez' amaXhosa
............
Kunangoku lisenathi

[Ek persoonlik, ek, die Digter van Gompo
Ek sê niks nie, maar ek verduidelik
Die soort eêrelduitkyk
Van die werklike Sosialiste
Die werklike besitters van hierdie land
...............
Kinders moes hulle moeders gehoorsaam
Vrouens moes hul mans gehoorsaam,
Die mans moes hulle hoofmaan/konings gehoorsaam,
Die konings/hoofmanne moes God gehoorsaam.
Wat ek verduidelik
Is aan die ander kant van daardie berg Ndoda,
Dit is aan die ander kant van daardie donker wolke.
Dit is in die derde hemel
Waar die Opperste
Wat die Xhosa-mense nog altyd gelei het, bly
...............
Tot vandag toe sorg daardie Mag nog altyd vir ons]

(Mqhayi 1914: 79-80).

Wanneer Mqhayi dieper ingaan op hierdie verduideliking van die kosmiese orde plaas hy die voorvaders tussen die mans en konings/hoofmanne aan die een kant en God (Qamata) aan die ander (sien Udon Jado). In die tyd toe hy geskryf het, het die witmense 'n ontstellende impak gemaak op die lewe van Afrikane in hierdie land, en omdat hy hoofsaaklik dié probleem aanspreek, het hy die witmense 'n plek toegeken in die kosmologiese orde van die Afrikaan. Hy het aan witmense 'n gelyke status toegeken in dié kosmologie om die idee dat witmense se beskawing beter is as dié van Afrikane, die nek in te slaan.

Die kontekstuele relevansie van Mqhayi se klem op die Afrika- kosmologie lê in die feit dat Afrikane in hierdie tyd reeds besig was om beweeg te word om 'n ander tipe kosmos te aanvaar, waar die Afrika-beskawing op die onderste sport van die leer geplaas is. Deur hierdie uiteensetting wou Mqhayi sy mense wakker maak en wou hy hê dat hulle die essensie en die waarde van Afrikaanheid moes realiseer. Hy wou hê dat hulle moes sien dat hulle nie in die lewe rondplas nie en nie in 'n roerlose boot gesit het nie, maak nie saak hoeveel breinspoeling deur Europeane gedoen is om die Afrikaan te oortuig van die minderwaardigheid, barbaarsheid, agterlikheid en waardeloosheid van sy wêrelduitkyk nie. Hy wou hê dat die Afrikaan moes sien dat hy oor generasies heen 'n groot en ordelike beskawing ontwikkel het gebaseer op Afrika-sosialisme en humanisme - 'n soort lewe wat vry is van die eksploitatiewe verwoesting wat besig was om op loop te kom met die koms van die witmens en sy kapitalistiese Westerse beskawing.

A.C. Jordan se kosmos is presies dieselfde as Mqhayi s'n, en word aan die Afrika-leser voorgelê vir dieselfde redes. In Jordan se eksposisie is die alsiende, almagtige God en die voorvaders in die hoogste echelons van die kosmos. Daar is egter nie soveel klem op God/Qamata soos by Mqhayi se werke nie, maar ons vind wel kennisname van die teenwoordigheid en bestaan van God:

- in die inleidende aanhaling uit Shakespeare:

For God's sake let us sit down upon the ground
And tell sad stories of the death of kings

- in die gebede van die biskop, soos in die woorde:

(Thembeka) wathandaza ethandazile ukuba uSomandla amlondoloze (uZwelinzima) kwezo ngozi...

[Thembeka het 'n paar keer gebid en God gevra om Zwelinzima te beskerm teen liggaamlike skade.]

(Jordan 1940/79: 119)

- in die opmerking:

USister Monica noThembeka unthandazo babengahlukani nawo lonke eli xesha. Waziva omwabile ngeCawa uThembeka, waya kulala omwabe kangangokuba uSister Monica amdumise uMonwabisi.

[Suster Monica en Thembeka het gedurende hierdie tyd nooit ophou bid nie. Sondag het Thembeka baie verlig gevoel en teen die tyd wat sy gaan slaap het, was sy steeds so gelukkig dat Suster Monica die Vader van Vrede geprys het.]

(Jordan 1940/79: 120)

- en in die insident waartydens 'n onderwyser en sy leerlinge tydens hul gebede gesteur is deur 'n man wat geëis het dat sy kinders en dié van sy familie uit die skool gelaat moes word (Jordan 1940/79: 206).

Die entiteite in hierdie kategorie besit almal bomenslike/bonatuurlike magte, en heers oor alle sterflike mense en skepsels. Die voorvaders besoek die wêreld in die vorm van 'n slang (inkwakha/uMajola) aan wie die grootste respek getoon word wat ooit aan enige lewende wese getoon word. In die Mpondomise-gebied word geglo dat hierdie tipe slang se besoek beplan is; dit word geglo dat dit waarlik die inkarnasie van 'n voorvader is. Daar word geglo dat dit hoop en geluk bring wanneer dit 'n huis besoek. As daar 'n pasgebore baba in die huis is, word geglo dat dit salwing bring en dat dit aandui dat die voorvaders kennis neem van die koms van die kind en die kind liefdevol in die familiekring verwelkom. Hierdie slang word toegelaat om vir enige tydsduurte in die huis te bly. Gedurende hierdie tyd is die inwoners van die huis opgewek asof - om Christelike terme te gebruik - die Heilige Gees op hierdie huis neergedaal het, om al die inwoners met hemelse seëninge te vervul. Wanneer die slang gaan, verdwyn dit doodgewoon; net soos wanneer dit ontdek word, is dit alreeds binne-in die huis. Daar is altyd mistieke mag verbonde daaraan.

Jordan het werklike status en konkrete mag aan dié slang gegee in sy roman, Ingqumbo Yeminyanya, soos te siene is in die uitbeelding van die karakter, Ngxabane. Inderwaarheid sien ons dit ook in die eerbiedige reaksies van die mans en vrouens (behalwe vir Thembeka) toe dit Zwelenzima se Groot Plek besoek het om sy pasgebore seun te sien. Die titel van dié roman is 'n sterk personifikasie wat die leser altyd bybly. Hierdie personifikasie is 'n duidelike bevestiging van die feit dat die voorvaders mense met gevoelens is en mense met onbuigsame gevoelens oor geregtighid en ongeregtigheid. Hulle word bevestig as mense wat pas na 'n ander wêreld beweeg het sonder om hul menslike kwaliteite te verloor het. Dieacute; wêreld is diep poele in die Thina en Umzimvuburiviere. Jordan beskryf die diep poel in die Thinarivier soos volg:

...(kw)isiziba esikhulu esimyama, esinabe ngathi ngumrhobololo wenyoka usotha ilanga.

[...(in) 'n groot, diep poel, soos 'n lang slang wat uitgestrek in die son lecirc; en bak.]

(Jordan 1940/79: 7-8).

Hierdie vergelyking maak dit duidelik dat die poel soos 'n slang lyk; die poel lyk altyd so; dit herinner mens daagliks aan die feit dat die Mpondomise se voorvaders (wat besoek aflê in die vorm van 'n slang) die heeltyd daar is om elke aksie van die Mpondomise te sien. Hierdie vergelyking laat die leser met dié werklikheid; ons word al meer oortuig van dié werklikheid wanneer chaos al meer aan die orde kom in die koningryk na die dood van een van hulle, soos wanneer Thembeka se bewussyn so aangetas raak dat hy selfmoord pleeg, of wanneer Zwelenzima ook so aangetas raak dat hy selfmoord pleeg wanneer hy uitvind dat hy nie meer die koninkryk kan regeer na die insident nie. In Zwelinzima se geval lyk dit asof dit dubbele straf is, omdat hy inderdaad die voorvaders beledig het deur Thembeka as sy vrou te neem teen die wil van sy afgestorwe vader in, wat voor sy dood gesê het dat sy seun 'n vrou met koninklike bloed moet neem van die Bhaca koninklike huis. Dié gebeure maak duidelik dat die mag van die hoogste echelon in Jordan se kosmologie in sy werke aanwesig is.

Die betekenis en relevansie van die klem op die konkrete teenwoordigheid van hierdie hoogste sport van God en die voorvaders se leer word ook aan die leser deurgegee in die insinuasie en sarkasme in Ngxabane se woorde en in die woorde van die verteller net voor Ngxabane se woorde:

Lavululeka ixhego libabalisela ngeeenkosi zamaMpondomise, libala zonke iziziba ezangcwatywa kuzo eThina naseMzimvubu. Lagqibela ngokuthi umhlaba wemka nabeLungu nje, ngamashwangusha eza noko kulahlwa kwamasiko.

"Akuboni ke nangoku! ... Buphi ubukhosi? Sithi siyingcwab' inkosi ibe iphandwa ngamagqwirha. Uthini ke umhlab' ukungahluthwa ngumLungu, xa iinkosi kwabelwana ngazo nje ngamagqwirha?"

[Die ou man (Ngxabane) het hulle 'n lang relaas gegee oor die hoofmanne/konings van die Mpondomisegebied, hy het al die diep poele van die Thina en Umzimvubu riviere genoem waarin daardie konings begrawe was. In die slot van sy relaas het hy gesê dat die witmense daarin geslaag het om die land te neem (van die Suid-Afrikaanse mense) omdat die mense hulleself kwesbaar gemaak het vir tragiese insidente deur die versaking van hul gewoontes.

"Sien julle dit nie nou nie? .... Is (inheemse) koningskap/hoofskap net so sterk soos in die verlede? Die oomblik wat ons ons koning/hoofman begrawe, kom die towenaars en grawe hom uit! Dit is waarom dit so maklik geword het vir die witmense om die inheemse mense se grond te vat vir hulleself - die skelm towenaars verdeel die liggame van ons konings/hoofmanne onder hulleself!"]

(Jordan 1940/79: 8)

Alhoewel hierdie roman in 1940 gepubliseer is, was die skrywer reeds in 1936 klaar daarmee. Jordan het geskryf in 'n tyd toe die 1913 Naturelle Gebiedewet op die punt was om opgevolg te word deur die 1936-wet wat 87% van die land amptelik geneem het en dit buite die bereik van die 'naturelle' geplaas het. Eintlik word veel meer geïmpliseer in hierdie aanhaling: dit beteken ook 'n verlies van politieke mag, van ekonomiese mag, die verlies van 'n onafhanklike bestaan en selfagting, die verlies van 'n waardige status, en sosiale desintegrasie gepaard met vernietigende sielkundige resultate.

Die insinuasie en sarkasme wat ek in die aanhaling sien, lê in die feit dat in die konteks van die historiese oomblik waarin Jordan hierdie boek geskryf het, die towenaars beide die werklike soort of skelm witmense kon wees wat die "naturelle" op verskeie maniere van hulle land af verneuk het en van die potensiaal om politiese mag oor hulleself te hê (Jolobe, Jordan se tydgenoot, sit hierdie maniere duidelik uiteen in "Ukwenziwa Komkhonzi" ("Die maak van 'n kneg") - 'n gedig gepubliseer in Umyezo in 1936.).

Die uitvoering van rituele soos vereis deur die Afrika-kultuur was voor en na 1652 die fondament waarop die Afrika-bestaan as 'n sterk stam- en nasionale eenheid gestaan het. Toe die stam verder en verder van hierdie streng riglyne begin afdwaal het as gevolg van witmense se manipulasie, breinspoeling en indoktrinasie, was die stam binne twee eeue van die wit setlaars se aankoms in Suid-Afrika in die sigbare en onsigbare greep van 'n vreemde soort lewe. Hierdie afdwaling het daartoe gelei dat die grondbesetting van witmense in 'n chaotiese en pynlike sosio-kulturele, ekonomiese en politieke wurggreep ontwikkel het - 'n patetiese situasie waarin die Afrikaan ontwaak het met die witman se hande om sy keel. Dit het gelei tot die desperate hoop dat verlossing vir die "naturelle" vanuit die Ooste sou kom, 'n hoop wat eers duidelik gematerialiseer het vanaf die 1960's. Dit is wat Jordan in die aanhaling hierbo sê - deur die herhaling van opmerkings oor die minagting van hoofmanne/konings en die verlies van grond vestig hy die aandag van Afrikane op die fout uitgewys deur Ngxabane.

The relevansie van die kosmologiese orde van hierdie outeur lê by hierdie feit. Hy het hierdie roman voor 1940 geskryf. Op die oppervlakte het dit vir vier dekades gelyk asof niemand hom gehoor gee nie. Maar nou, in die 1990's is die massas, spesifiek die ANC-leierskap, asook die organisasies van tradisionele leiers, spesifiek Contralesa, almal daarop uit om respek vir hoofskap/koningskap te laat herleef - dié rots van Afrika-regering. Daar is nou hoop ten opsigte van hierdie kwessie, en ons kan nie ontken dat reeds sedert 1940 in Jordan se roman onderrig hieroor was nie.

Die tweede vlak van Jordan se kosmologiese orde word gevul deur lewende hoofmanne/konings. Jordan bied hoofmanne/konings aan as 'n spesiale groep of klas mense wat misterieuse magte verkry nadat hulle spesiale behandeling ondergaan het. Hulle handelings kan nie vollediglik verstaan word deur hul onderdane nie. Mhlontlo, 'n dapper Mpondomise hoofman/koning, in Kwezo Mpindo ZeTsitsa, is een van Jordan se beste voorbeelde. 'n Paar insidente waarby Mhlontlo betrokke is, word hier genoem:

(a) In die beginstadia van Mhlontlo se heerskappy as 'n koning het 'n medisyneman die gehug waarin hy Mhlontlo behandeling sou gee, aan die brand gesteek. Alhoewel Mhlontlo binne-in die gehug was, wat heeltemaal afgebrand het, is Mhlontlo glad nie beseer nie!

(b) Tydens die Hoop-oorlog genoem kan word, het Mhlontlo in 'n grot geskuil. Die Europese aanvallers het verskeie skote op hom geskiet, sonder om hom te raak! Die verhaal word vertel dat twee honde van nêrens verskyn het, langs Mhlontlo gaan staan het, en die koeëls gevang en gesluk het.

(c) Op sekere nagte het Mhlontlo op sy eiendom met 'n vuurwapen rondgeloop. Een kant van sy liggaam was wit geverf en die ander kant swart, maar met iets wat niemand geken het nie. Die outeur skryf:

...(kwa) kungekho mntu waziyo ukuba uziqaba ntoni na ....

[Niemand het geweet waarmee hy homself gesmeer het nie]

(Jordan 1972/74: 9)

(d) Partykeer het Mhlontlo in 'n hut saam met mense gesit en dan weggeraak sonder dat iemand dit opmerk. Wat die mense kon sien op die plek waar hy gesit het, was 'n ou man wat niemand geken het nie!

(e) Elke keer wat hy sy oom, Mditsha, besoek het, en net voor hy by sy hof aankom, het weerlig gevolg deur donder in die helder lug verskyn. En dan het 'n ster verskyn vanuit die Ooste, die lug oorkruis en ondergegaan in die Weste. Mhlontlo sal onmiddellik hierna gesien word, naby Mditsha se kraal. Die vreemde ding is dat niemand hom sou sien terwyl hy ver weg was nie, asof hy onsigbaar was. Hierdie vertelling laat mens met die indruk dat toordery betrokke was.

(f) Die dag wat Mhlontlo na Basutoland (nou Lesotho) ontsnap het, is hy by die Oranjerivier voorgelê deur Europese aanvallers. Hulle het hom sien kom en bly geword. Maar skielik het 'n digte mis om hulle verskyn en Mhlontlo het verbygegaan terwyl die Europeërs blindelings na mekaar skiet.

(g) Toe Mhlontlo in Lesotho aangekom het, het hy gevind dat die Basotho 'n groot vrees vir 'n slang gekoester het. Hy het dit gevind en geskiet, en die kop gehou (wat blykbaar begeer is deur Lerothodi, 'n Basotho-koning).

Jordan bied Zwelinzima bykans op dieselfde manier as Mhlontlo aan. Toe hy twee jaar oud was, het 'n hond 'n stuk vlees uit sy arm gebyt in Dingindawo se hof. Klem word daarop geplaas dat niemand gesien het of die hond die vlees gesluk het of nie! (Gewoonlik laat 'n hond net merke, en byt nie vlees af nie). 'n Medisyneman wat geraadpleeg word, sê dan dat die hond vergesel was deur 'n dwerg (uthikoloshe) wat met die stuk vlees verdwyn het. Na aanleiding van die raad van die medisyneman is Zwelinzima na 'n geheime plek geneem om daar te bly totdat die stuk vlees sleg geword het en nie meer sou deug vir toordery nie. Hy het dus 'verdwyn', en so verre dit die mense in sy koningryk aangegaan het, het hy 'gesterf.' Toe hy weer terugkom om hulle te regeer, was hy 'n misterie wat van nêrens gekom het.

Jordan beskryf 'n ouer Zwelinzima soos volg:

... nabani na ombhaqa ezolile wayengathanda ukurhwaqela kuba igazi lakhe lalinzima - eneli gazi kuthiwa lelobukhosi - neliso lakhe linento ethi ukuba lingqalene nelakho, elakho lingabi nakunamathela.

[... enigiemand wat op hom afgekom het terwyl hy rus, het hom gewoonlik alleen gelaat omdat die gewig van sy waardigheid onmoontlik was om te verduur - hy het die waardigheid van koninklike bloed gedra - selfs wanneer sy oë reguit in joune ('n gewone mens) gekyk het, het joune gewoonlik gou weggekyk.]

(Jordan 1940/79: 27)

Toe Thembeka die eerste keer hoor dat die man op wie sy verlief was, van koninklike afkoms was, het sy gevoel asof 'n elektriese skok deur haar gaan - sy het nie geweet hoe om op te tree nie aangesien hulle verhouding voorheen doodnormaal was:

Ngoku wayesoyika nokudibana oku noZwelinzima, engazi ukuba angasuke athini na ukuba bagagana edolophini eDikeni engalindele; angasuka athini na ukuba uva kusithiwa nanku uZwelinzima eMzana eze kubona yena. Angasuka athini ukumamkela? Uza kumbona esengulaa "Major" amaziyo, nokuba uza kubona ingangalala yenkosi?

[Sy was nou te bang om Zwelinzima eers te ontmoet, sy weet nie wat sy sal doen as sy hom onverwags in Alice raakloop nie. Sy kan haar nie voorstel wat sou gebeur wanneer Zwelinzima haar besoek by die meisiekoshuis nie. Wat kan sy doen in daardie eerste ontmoeting? Gaan sy dieselfde ou "Major" sien, of gaan sy 'n belangrike, waardige koning sien?]

(Jordan 1940/79: 43)

Hierdie vrees vir tradisionele leiers is deel van Xhosakultuur. Jordan gebruik dit hier om die spesiale posisie van mense op hierdie sport in sy kosmologie te konkretiseer.

Toe die Amafelandawonye (Ware Kamerade) Gcinizibele se plek besoek het waar Zwelinzima (versteek) grootgeword het, word nog 'n toneel aangebied wat die tweede sport konkretiseer waartoe lewende konings behoort. Zwelinzima is nog jonk, in sy eerste jaar by Fort Hare, Amafelandawonye ken hom nie, maar die volgende gebeur wanneer hulle die kamer inkom om hom te groet:

Ukuba angene lo mfana, engekabulisi nokubulisa, kwathi bekuncokolwa kwee xum, amadoda ayana ngamehlo, ajonga kuye, agungqa ezihlalweni, asuka ema ngeenyawo! Wakhawuleza wabulisa ... wathi akugqiba wawajikeleza wabulisa ... wathi akugqiba wawajikeleza onke ngeliso elibukhali elikhawulezayo, wee gwiqi waphuma.

Loo nto yaba sisimanga ahlala esibalisa uDabula emva koko. Akukho mntu wayebaxelele ukuba nguZwelinzima lo; kodwa wathi ukuba angene, beva emizimbeni ukuba yinkosi le iphambi kwabo. Wayesithi uDabula xa abalisa loo nto, "Ndeva into endagqibela ukuyiva kusekho uyise kaZanemvula." Iliso awabajonga ngalo abazanga balazi nokuba lelobutshaba, nokuba lelobuhlobo kusini na. Kodwa lalibukhali!

Basala apho akuphuma, bemi ngeenyawo, bengathethi, kuphela bemana ukujongana bekhwanqisiwe, ... Babuzana ngamazwi aphantsi, "Nguye lo?" Wathi uDabula ukuphendula, "Nguye nokuba sekutheni na, Kodwa lisuke landikhohla akungena." Emva koku bancokolela phantsi, banokuwuhlonela umzi kaGcinizibele ngokungati kuKomhulu kwaZanemvula inkosi yabo (my klem).

[Toe hierdie jong man gekom het, voor hy gegroet het, het hierdie mans (die besoekers) hulle geselskap gestaak sonder om aangesê te word, hulle het mekaar in die oë gekyk, hulle het na hom gekyk, hulle het onrustig/ongemaklik geword en almal het van hulle sitplekke af opgespring en gestaan! Hy het hul hande vinnig geskud ..., toe hy hulle klaar gegroet het, het hy elkeen 'n skerp kyk met 'n deurdringende blik gegee, hy het toe die kamer vinnig verlaat.

Wat hier gebeur het was 'n groot misterie waaroor Dabula gereeld gepraat het lank na die gebeurtenis. Niemand het hulle vertel dat dit Zwelinzima was nie; maar toe hy die kamer ingekom het, het hulle liggame (hul instinkte) hulle vertel dat die jong man wat voor hulle staan van koninklike afkoms was. Dabula het gewoonlik gesê wanneer hy oor die gebeurtenis vertel het, "Ek het iets in my gevoel wat ek laas ervaar het toe Zanemvula se pa (Zwelinzima se oupa) nog gelewe het." Hulle kon nie uitpluis of die jong man se skerp blik na hulle vyandigheid of vriendskap beteken het nie. Maar wat hulle onthou, is dat dit 'n skerp blik was!

Toe hy die kamer verlaat het, het hulle (asof geskok) bly staan sonder om te praat, hulle het net verwese na mekaar se oë gekyk ... Na 'n rukkie het hulle onder mekaar gevra, "Is dit hy?" As antwoord het Dabula gesê, "Sonder twyfel is dit hy. Maar toe hy ingekom het, was ek gehipnotiseerd." Hierna het hulle in gedempte tone gesels en dieselfde respek getoon vir Gcinizibele se plek as wat hulle gewys het vir hulle koning (Zanemvula) se Groot Plek.]

(Jordan 1940/79: 103)

'n Analise van hierdie sitaat sal aantoon dat Jordan die aangewese koning uitbeeld as 'n man wat behoort tot 'n echelon met geheime wat onverstaanbaar vir gewone mense is. Hierdie beeld word nie gebruik vir 'n enkele persoon nie maar gee 'n beeld van die koninklike klas wat bande met die misterieuse bonatuurlike het, met die almagtige "bron van alle lewe" (Anglikaanse gebedboek 1989: 116), met die onbekende. Terwyl koninklikes die gewone attribute vertoon soos dié van mense, transendeer hulle die vlak van die gewone mense as gevolg van die aura wat hulle dra. In die laaste aanhaling word daar spesifiek gemeld dat spesiale respek altyd outomaties getoon word vir Zanemvula se Groot Plek. Dit dui op die houvas wat koninklikes op die bewussyn van gewone mense het. Ons kan ook onthou dat dit Zanemvula se wens op sy sterfbed is wat die hele Mpondomise-koninkryk versteur in die verhaal (Ingqumbo Yeminyanya) wanneer dit verontagsaam word. Ek glo dat ekwilibrium teen die einde herstel word, nie slegs deur die dood van die oortreder nie, maar as gevolg van die feit dat Zwelinzima, die oortreder, net voor sy dood die wens (umyolelo) van Zanemvula aanvaar het. Alhoewel sy aanvaarding van die Bhaca meisie verlossing gebring het ten opsigte van die skade berokken deur die oortreding, word die oortreder, Zwelinzima, en sy medepligtige, Thembeka/Nobatu, uit die weg geruim. Dit dui op die mag wat in die hande is van persone op hierdie vlak. Die feit dat Zwelinzima deur die mag van hierdie klas vernietig word, beteken nie dat hy nie die attribute en die mag van die klas besit het nie - sy vernietiging demonstreer eerder op konkrete wyse die mag en misterie van hierdie klas in Jordan se kosmologiese orde.

Bostaande kan ons opvolg met 'n aanhaling uit Kwezo Mpindo Zetsitsa, uit 'n hoofstuk wat beskou kan word as 'n betogende essay met 'n historiese tema. Hierdie essay is Bulal' Abathakathi waarin Jordan sê:

Umyolelo wenkosi ke asinto incinane kwaNtu. Singaqiniseka ke ngoko ukuba lo myolelo wamfundekela uDingana ngalo lonke ixesha lobukhosi bakhe (my klem).

[Onthou, 'n hoofman/koning se sterfbedwens is nie 'n nietige saak onder die Afrikane nie. Ons kan seker wees dat daardie sterfbedwens lewendig gebly het en geraas gemaak het in Dingana se gewete, reg deur sy heerskappy!]

(Jordan 1972/74: 57)

Presies dieselfde kan in Zwelinzima se geval gesê word. Die sterfbedwens waarna hier verwys word, is dié van Tshaka ten tyde van sy dood. Dit gaan so:

Nindigwinta nje kanene nicinga ukuba lo mhlaba uza kuphathwa nini. Nizilalisile. Eli lizwe liza kulawulwa ziinkonjane. Nina niza kuba zizinja.

[Julle maak my dood met die hoop om die heerskappy oor hierdie land oor te neem. Julle droom. Hierdie land gaan regeer word deur swaels (Europeërs). Julle gaan slegs hulle honde (bediendes/slawe) wees.]

(Jordan 1972/74: 57)

Verder aan in hierdie opstel, na verwysing na die feit dat Piet Retief twee keer vir Dingaan suspisieus gemaak het en sy militêre mag gewys het deur Sikonyela se lëers te verslaan met sy stokke wat donder voortbring, merk Jordan op:

Usahleli ke umyolelo ka Tshaka....

[Tshaka se sterfbedwens het nog in Dingaan se ore ge-eggo...]

(Jordan 1972/74: 60)

Dit het Dingaan beweeg om Retief en sy manskappe aan te val, omdat hy die vervulling van die profesie gevrees het. Jordan se aandag aan hierdie kwessie dui daarop dat hy daarin geïnteresseerd is om die buitengewone mag van koninklike mans aan te toon, bo dié van die gewone massas. Die historiese gebeure het verreikende gevolge gehad vir die Afrika- politiek in Suid-Afrika, en in die tyd en konteks waarin Jordan geskryf het, was dit relevant om die mag van Afrika-koningskap uit te wys sodat Afrikane hulle agter hul (Afrika-)leiers kon skaar. (Dit was die posisie van die ANC vanaf sy geboorte en dit is nou (in die 1990's) ANC-beleid om dit te laat herleef). In Jordan se tyd was die stryd van Afrikane vir geregtigheid aan die gang, maar groot getalle Afrikane het hulle by die Europese/wit regering geskaar en oneffektiewe strukture vir "naturelle" gesteun (soos die Naturelle Verteenwoordigingsraad), met afskuwelike gevolge. Hulle het dit gedoen óf uit onkunde, óf as gevolg van apatie. (In The Colonizer and the Colonized betoog Memmi dat die gekoloniseerde nie juis enige ander opsie het as om in te gee teenoor die koloniseerder nie). Hoe dit ookal sy, Jordan se uitbeelding van lewende hoofmanne/konings as toegerus met buitengewone magte was daarop gerig om vertroue in hulle op te bou, aangesien die Afrikaan geneig was om die wit/Europeër/meester/leier/sendeling te volg gewoon omdat hulle skynbaar meer magiese mag gehad het, en sussende dinge om te sê, wat 'n katastrofe tot gevolg gehad het.

Met verwysing na hierdie kwessie kan ons ook verwys na 'lewende' hoofmanne oor wie Jordan geskryf het en wat ook mirakuleuse magte gehad het. In Kwezo Mpindo Zetsitsa kry ons Bhungane ('n hoofman/koning van die Hlubi) wat sorghum kon natmaak, in sy hand toevou, en wanneer hy sy hand oopmaak, ontkiem het! (Jordan 1972/74: 73-74). Geen gewone mens kon dit doen nie!

Onder die Bhaca was dit gebruiklik dat by die inhuldiging van 'n nuwe hoofman/koning, dié man sy hande moes was uit die kopbeen van 'n man van koninklike afkoms. Die Bhaca het geduldig gesoek na so 'n man onder die groepe deur wie hulle eens verslaan is. Hulle het geglo dat van die dag wat hulle hoofman/koning was uit die kopbeen van 'n man van koninklike afkoms, van daardie dag af sal die Bhaca nooit weer verslaan word deur die ander groep nie! (Jordan 1972/74: 64). Dit is duidelik dat die bewussyn van die Afrikaan spesiale betekenis heg word aan koninklike bloed! En Jordan gee hierdie informasie wye verspreiding onder die Xhosaleser vir die reedsgemelde redes.

Madzikane, 'n Bhaca hoofman/koning, kon jong verse wat nog nie gepaar het nie, binne 'n dag melk laat produseer deur hulle net met die plat hand op die maag te slaan. Na sy aanraking sou die uiers onmiddellik groot word, hulle sou gemelk kon word, en Madzikane sou die melk aan sy lëer gee om te drink. Hy het dit gedoen net voor hulle oorlog toe gegaan het. Daardie melk het sy manskappe onoorwinlik gemaak:

Esele ubisi lwaloo mathokazi amabutho kaMadzikane, akukho mkhosi unokumelana nawo.

[Na Madzikane se lëers van die melk gedrink het van daardie verse, kon geen vyand hulle verslaan nie]

(Jordan 1972/74: 66).

Dat dié soort aksie uitgevoer is deur 'n persoon van koninklike afkoms (nie die normale "toordokters" wat lëers moes versterk nie) en die feit dat die informasie meer histories as fiktief is, ondersteun Jordan se uitbeelding van koninklikes. Om sy aanbieding van die misterie van koninklike bloed verder te beklemtoon, plaas Jordan die kollig op die dood van Madzikane, en die feit dat daar inderwaarheid twee weergawes van dié sterfte is - beide onbegryplik vir die menslike verstand!

Die eerste weergawe: die Thembu wat met die Bhaca baklei het, het Madzikane gevind waar hy in 'n bos geskuil het:

Isidima nobuhle bale ndoda babkhwankqisa abaThembu kangangokuba bema umzuzu bemjongile bengathethi, baxela iindlobongela zaseJamani zikhwankqiswe kukundileka kweengwevu zaseRoma, zicinga ukuba ngoothixo. Elowo uMthembu wasuka wasithela ngomnye, wavelisa amehlo kuphela (my klem).

[Hierdie man (Madzikane) het die Thembusoldate so bang gemaak met sy waardigheid en skone voorkoms dat hulle doodstil gestaan het en net na hom gestaar het op dieselfde manier waarop die Germaanse barbare spraakloos gestaan het voor die waardigheid van die Romeinse oudstes, denkende dat hulle gode was. Hulle het hierdie swygende inaksie slegs gestaak wanneer elke Thembusoldaat probeer het om agter die ander weg te kruip en terselfdertyd hul oë vasgenael te hou op Madzikane.]

(Jordan 1972/74: 67)

Hierdie Thembusoldate kon eers beweeg om hom dood te maak toe hy sy mond oopgemaak en met hulle gepraat het. Jordan sê oor dié dag:

Usuku lokufa kukaMadzikane lwaziwa kakuhle kuba kwakukho umnyama ngaloo mini.

[Die dag waarop Madzikane gesterf het, is onvergeetbaar, daar was 'n sonsverduistering op daardie dag.]

(Jordan 1972/74: 67)

Die tweede weergawe: die Thembusoldate het geweet dat Madzikane wegkruip in die bos waarna reeds verwys is. Elke groep soldate wat die bos in is om hom te soek het nie teruggekeer nie totdat 'n medisyneman die laaste groep spesiale behandeling gegee het, wat die bos in is en Madzikane gevind het. Madzikane het aan hulle geê:

"Ndibulaleni. Kodwa maze nazi ukuba nani anisayi kuze kweli hlathi."

["Julle mag my doodmaak. Maar julle moet weet dat julle my nooit uit dié bos sal kry nie."]

(Jordan 1972/74: 67)

Hulle het hom doodgemaak en daar begrawe. Die verteller gaan voort:

Akazange abuye abonwe loo madoda. Aduka kwelo hlathi, kuba wathi ukuba afe uMadzikane, lee shinyi yinkungu engazange iphele kwelo hlathi kude kube namhlanje (my klem).

[Daardie soldate is nie weer gesien nie. Hulle het verdwaal geraak in die bos; Madzikane het onmiddellik sy digte spookmis afgegee, wat tot vandag toe daardie bos bedek.]

(Jordan 1972/74: 67)

Ncaphayi, Madzikane se seun, word voorgestel as 'n man wat soortgelyke misterieuse magte beheers het. Dit word vertel dat hy tydens 'n oorlog teen die AmaMpondo teen 'n krans afgeval en lelik seergekry het. Later het hy vrouens gesien en hulle gevra om mans te stuur om hom te kom doodmaak. Hulle het gekom, maar hulle spiese kon nie sy vel deurdring nie, totdat hy gesê het:

"Ayinakundibulala loo mikhonto yenu. Nakule yam mnye kuphela umkhonto onokundibulala. Nangu," watsho ewalatha (My klem).

["Julle kan my nie met julle spiese doodmaak nie. Selfs onder my spiese is daar slegs een wat my kan doodmaak. Dit is hierdie een." Hy het dit gesê en na die spesiale spies gewys.]

(Jordan 1972/74: 69)

Hulle het hierdie spesiale spies gebruik en dit het inderdaad gewerk, en hy het gesterf. Hoe magies is dit nie!

Tydens die tyd wat Diko leier van die Bhaca was, het die AmaMpondo onder Mqikela hul geluk teen die Bhaca (militêr) beproef. Toe hulle by die Bhaca Groot Plek, Elutateni, aangekom het, het hulle gerus. Terwyl hulle gerus het, het 'n swart kalf oor die veld gehuppel gekom, met 'n groot gedruis; dit het deur die middel van die groep beweeg. Die verteller sê:

Wathi umntu, "Safa nguNcaphayi!" Chithi umkhosi wamaMpondo, ubaleka loo nkonyana (my klem).

[Een van hulle het uitgeroep: "Ncapahayi vermorsel ons vandag!" Al die soldate het in verskillende rigtings gevlug, weg van die kalf af.]

(Jordan 1972/74: 69)

Die outeur merk dan op:

Awu kambe Ncaphayi uyingwe naxa sel'ufile! Ufana noKhesare waseRoma owathukuthezela uBrutus ngomshologu wada waya kuzibulala eFilippi (my klem).

[Waarlik Ncaphayi, jy is 'n tier selfs in jou dood! Jou geval is soortgelyk aan dié van Caesar van Rome wat Brutus se gewete aanhoudend gepla het deur aan hom te verskyn as 'n gees tot hy selfmoord gepleeg het by Filippi]

(Jordan 1972/74: 69)

Die toordery wat met koninklikes geassosieer word! Hierdie vergelyking tussen 'n "naturelle"-koning en Caesar van Rome is daarop gemik om die Afrikaan uit sy minderwaardigheidsdroom te laat ontwaak.

Van Tshaka, die Zulu monarg, word gesê dat hy 'n houer (isigubu) besit het waarin hy medisyne sou meng, en waarin hy dan (soos op 'n rekenaarskerm) die os van Faku, 'n Mpondo koning, wat hy begeer het, gesien het. Die persoon wat hy gestuur het om die os te gaan haal, het elke keer die verkeerde os gebring en gesê dit is die regte een. Elke keer wat hulle die verkeerde een gebring het, het Tshaka sy "rekenaar" (isigubu) geraadpleeg en gevind dat die os wat hy wou gehad het, nog nie "uitgewis" is uit die "Faku-lêer" nie. Elke keer het hy die persoon teruggestuur om die regte os te bring. Watter soort mens is 'n man van koninklike herkoms nie!

Jordan konkretiseer die bestaan van die misterieuse in die Afrika-wêrelduitkyk deur stories in te sluit soos die een van Nozimanga wat misterieuse beheer oor haar "kêrel gehad het; bekende verhale oor osse wat tot Groot Plekke van senior konings/hoofmanne behoort het - osse soos Dangazele, Gaxe en Hulushe. Hierdie osse het 'n enigmatiese sluier om hulle gedra: in Ingqumbo Yeminyanya veroorsaak Nobantu/Thembeka en Nomvuyo groot oproer wanneer hulle Zululiyazongoma spelenderwys op die rug sit van die mees heilige os in die Mpondomise se Groot Plek, tot hulle verbasing. Hulle is redelik bruusk beveel om van die os af te klim.

Terwyl Jordan al hierdie enigmatiese data verskaf wat neerhalend as barbaarse bygelowigheid bestempel is deur vroeë sendelinge, tref hy deurgaans vergelykings met soortgelyke fenomene wat in Europa plaasgevind het. Oor die doodmaak van hekse/toornaars, wat gewoonlik die straf vir dié soort aktiwiteite onder Afrikane was, wys Jordan daarop dat die Britte dieselfde gedoen het met hulle hekse en toornaars. Jeanne d'Arc was immers lewendig verbrand! Jordan kies geskikte woorde om 'n duidelike beeld van daardie verskriklike gesig te verskaf:

UJoan of Arc waphoswa esidlangalaleni somlilo ngamaNgesi kuba eligqwirhakazi.

[Jeanne d'Arc is in 'n groot vuur gegooi omdat sy van heksery beskuldig is.]

(Jordan 1972/74: 61)

In die geval van Hulushe, wat welbekend is onder die Xhosa, verwys Jordan na 'n parallel, naamlik Excalibur van die Britte (ofskoon dit 'n swaard is). Die relevansie van sulke vergelykings in die konteks waarbinne Jordan geskryf het, is dat indien die Britte in heksery geglo het, hulle geen morele reg het om te sê dat die Afrikaan bygelowig is nie; indien die Britte mense kon doodmaak deur hulle te verband, kon hulle nie sê dat die Afrikaan barbaars was nie! Jordan sê die Afrikaan was, en is nog steeds, in 'n wêreld wat van bo af gerig word, baie soos in die geval van die Christelike variant. Eintlik is hy besig om die Afrikaan te vra: waarom voel jy onseker in jou eie wêreld, sodat wanneer jy aan die Christelike leer blootgestel word, jy alles versaak wat joune was om die vreemdeling blindelings te volg? Waar is jou ou waardigheid en self-respek? Kyk en sien julle is self-ontkennende objekte sonder rigting, 'n verowerde gemeenskap vervul met skaamte en selfhaat! Gaan terug na jou eie en wees jouself!

Die volgende rang in Jordan se wêreld is die ordelike vlak van mans en vrouens wat hul daaglikse aktiwiteite uitvoer met respek vir die Groot Plek en vir mekaar. Maar, net soos Mqhayi, dui hy aan dat 'n ander element op hierdie vlak ingesluip het - die Europese/wit element. Op hierdie vlak spreek hy die versteurings direk aan terwyl hy hom met betrekking tot die ander vlakke op insinuasies verlaat het. Net soos Mqhayi ken hy geen superieure posisie toe aan Europeërs/witmense ten opsigte van hul daaglikse omgang met Afrikane nie. In Ingqumbo Yeminyanya word aangedui hoe die Europese karakters vryelik met die Afrika-studente omgaan, alhoewel hulle, d.i. die wit nonne en die wit Anglikaanse biskop van Fort Hare, in posisies van gesag was. In Fort Hare word die Europese karakters so nederig gemaak dat die biskop selfs studente genooi het om maaltye saam met hom en twee Europese vrouens te nuttig. Die verteller merk soos volg op:

UZwelinzima wayeyazi le Bishophu ukulunga kwayo ... elwazi nodumo lokulunga kwayo.

[Zwelinzima het geweet dat die biskop goedhartig was ... en dat sy wonderlike nederige persoonlikheid welbekend was.]

(Jordan 1940/1979: 27)

Soos wat Jordan se fokus verskuif vanaf Alice na Ngcolosi en Umtata wys hy dat die Europeërs ten spyte van al die angstige respek wat Afrikane hulle betoon, gewone mense was. Hy het dié mense geplaas saam met die gewone mense, nie saam met die hoër vlakke nie. Dit is so bedoel. En wanneer 'kompetisie' ter sprake kom, beeld Jordan die Europeër uit as net so kwesbaar soos enige ander menslike wese. Die wit nonne van Ngcolosi word uitgebeeld as net so sorgsaam as dié van Lovedale, maar die Afrikane met wie hulle te doen kry, respekteer hulle nie op 'n patroniserende manier net as gevolg hiervan nie. Die Afrikane word uitgebeeld as mense wat hul man staan, tot op die punt om wreed te wees teenoor die welmenende nonne. Suster Monica word byvoorbeeld vroeg in die storie amper geklap deur jong mans ten tyde van die oproer in Zwelinzima se koninkryk, ten spyte van haar simpatie vir Nobantu/Thembeka. Vader Williams word ook amper aangerand gedurende daardie tye, ten spyte van sy besorgdheid oor die opvoeding van die kinders van die koninkryk. Dat Vader Williams inderdaad gered word op 'n Afrika-manier deur 'n ongeletterde vrou deurdat sy haar liggaam oor syne gewerp het om hom teen die houe te beskerm, spreek boekdele oor Europeërs en hul valse goddelikke meerderwaardigheidsgevoel ten opsigte van die "naturelle." Jordan doen dit berekend; dit is bewusmaking van die Afrika-massas. Die opmerking dat Zwelinzima uitgeblink het in die Bhunga-vergaderings, is daarop gemik om die idee by die leser tuis te bring dat daar niks meerderwaardigs omtrent Europeërs is in vergelyking met die ander rasse van die wêreld nie, en in vergelyking met die "naturelle" in die Suid-Afrikaanse konteks nie.

In Kwezo Mpindo Zetsitsha het Jordan voortgegaan om dieselfde idees oor Europeërs te skep. In die verhale en anekdotes is daar 'n duidelike patroon waar Europeërs om die bos gelei word deur Afrikane, insluitende ongeletterdes. Jordan ken die Europeërs dus 'n plek toe op hierdie vlak van sy kosmologie, dié van gewone mans en vrouens. In Iindonga Ziwelene word 'n nuwe moeilike wit skoolinspekteur verslaan in 'n argument met 'n swart skoolhoof oor drilinstruksies wat die hoof se leerlinge nie kon verstaan nie. Kinders wat in daardie tye nie reageer het op instruksies nie, was net so goed as 'n misdaad. Dit het beteken dat 'n "inkompetente naturelle-onderwyser" uitgevang is toe hy sy plig versaak het, net soos die ander "donnerse naturelle" doen! 'n Onderwyser wat in dié posisie was, moes self uit die moeilikheid kom. Maar die swart skoolhoof in die verhaal het sy betoog op 'n "slinkse" manier deurgevoer en sukses behaal, sodat die insident op die volgende manier eindig:

Akaba nakuzibamba ngoku umhloli. Wahleka waqikileka. Wakhupha isandla, wabulisa wahamba.

[Die inspekteur kon sy stywe uiterste nie langer beteuel nie. Hy het hard gelag terwyl hy van kant tot kant wieg. Hy het sy hand uitgesteek, die skoolhoof se hand geskud as erkenning van sy nederlaag en weggegaan.]

(Jordan 1972/74: 6)

In "UVelebhayi" vertel Jordan die verhaal van ongeletterde "rou naturelle" van die Kaapkolonie wat waens gesteel het van die Boere in die Oranje Vrystaat. Die "naturelle" het eers die Oranje oorgesteek, die area geïnspekteer, 'n plaas gevind waarop daar 'n wa was en het dan huistoe gekeer. Hulle het dan 'n span osse met hulle saamgeneem wat hulle agtergelaat het wanneer by die Oranje aangekom het. Na hulle die Oranje oorgesteek het, het hulle na die plaas gegaan, die wa uitmekaar gehaal, die stukke vandaar tot oor die Oranje gedra, die wa weer aanmekaargesit, die osse ingespan en die wa huistoe geneem. Die Boere, wat na wielspore gesoek het, sou dit nie vind nie, en sou so 'n wa verloor aan die "dom kaffers."

In "Hayi Iqhosha Elingenantunja" veroorsaak jong swart mans oproer in 'n sekere area in die Transkei waar hulle pennies verander het in halfkrone. Toe die Europeërs van die area dit hoor, was hulle kwaad en het gereël vir speurders op motorfietse wat die "booswigte" moes vang. Hulle het egter nie een gevang nie omdat hulle per voet weggekom het van die motorfietse.

In "Bulal'Abathakathi" loop die verhaal soos volg: Toe Piet Retief en sy manskappe die eerste keer by Dingaan se kraal aangekom het, het hy die koning se kraal vir twee nagte in die geheim geïnspekteer. Die koning se lyfknegte het albei die skendings van die "privaatheid" van die koning ontdek. Dit het sonder twyfel slegte gevoelens gewek en iets moes gedoen word. Piet Retief en sy geselskap is spoedig genooi om ongewapen na die dans te kom, 'n besoek wat geëindig het in die dans van die spiese waarin amper die hele wit geselskap maklik doodgemaak is. Retief en sy "slim manne" is geheel en al gekul deur die "kaalkaffers"!

Oor gebeure soos hierdie kan ons soos die heilige Paulus opmerk: "God purposely chose what the world considers nosense in order to shame the wise, and he chose what the world considers weak in order to shame the powerful. He chose what the world looks down on and despises, and thinks it is nothing, in order to destroy what the world thinks is important" (1 Corinthians:1 , 27-28).

Die relevansie van Jordan se samevoeging van bejaarde Europese en Afrika-karakters, en van die feit dat hy Afrikane laat wen in elke kompetisie of vernufstryd tussen Europeërs en Afrikane is ooglopend: Jordan, as betrokke skrywer, wou alle indoktrinasie en leuens wat vir generasies oor die Afrika-bewussyn geforseer is, vernietig. Hy bied 'n teenvoeter vir die leuens oor die kinderlike optrede van Afrikane en die groot en wonderlike intelligensie van die Europeër. Jordan was 'n lid van die All African Convention en was intens betrokke by die politiek ofskoon hy 'n onderwyser, en later professor van Afrikatale, was.

Die laagste sport van Jordan se kosmologiese orde word gevul deur die jonger generasie. In Ingqumbo Yeminyanya beeld hy die interaksie tussen studente by Fort Hare uit as onskuldig en natuurlik, as voorbeeld van daardie dinamiese krag wat die Anglikane "the God of all creation" noem (An Anglican Prayer Book 1989: 116). Die volgende is die toneel tydens die eerste openingsdag by Fort Hare by die koshuis gereserveer vir Anglikane:

Kwakudlalwa, kuvuywa, kuqhulwana. (UZwelinzima) Wabona isimanga ukusuka Ama-Afrika nama-Indiya nabe-Bala bavane ngokungathi bazalwa mfazi mnye ... Ama-Indiya athi naxa (uZwelinzima) seleziva ukuba wanele amnunusa ngoofani - noofani bawo - abanye bebubusi, abanye bekrakra ngokwekhala!

Abanye babengqengqe emandlalweni, abanye behleli bhaxa phantsi, abanye bemi ngeenyawo, wonke umntu ethetha ...

Kwade kwangena iBhishophu ... yabiza amatikiti abafundi, ukuba iye kubagcinela. Yathi xa iya kuphuma emnyango iBhishophu yalandelwa yenye intwana endwebileyo yomIndiya, "ufike sesiwugqibile umphako bawo (my klem).

[Hulle het gespeel, hulle het hulself geniet en poetse gebak. Hy was verras om Afrika-, Indiese en Kleurlingstudente te sien wat so goed met mekaar oor die weg kom asof hulle uit een moeder gebore is. Self toe sy maag vol was het die Indiërstudente hom forseer om allerhande soort dinge te eet wat hulle in hul kosmandjies gehad het - dinge wat so soet soos heuning was, en ander so bitter soos die sap van die aalwyn!

Party van hulle het ontspanne op hul beddens gelê, party het op die vloer gesit, terwyl ander op hul voete was; almal was besig om te praat...

Uiteindelik het die Biskop hul kamer ingekom .... hy het die studente se treinkaartjies gevra om dit veilig te bêre. Toe die Biskop op pad deur toe was, is hy gevolg deur 'n lewendige Indiërstudent wat gesê het: "Jammer Vader, U het te laat gekom vir ons kos, ons het alles opgeëet."]

(Jordan 1940/79:30)

Hierdie aanhaling beteken veel meer as om net vir ons 'n aanduiding te gee van die laagste vlak van Jordan se kosmologie - dit werp ook lig op sy visie van die jeug as 'n agent vir verandering in die rigting van 'n meer aanvaarbare Suid-Afrika. Die relevansie van die toneel in sy tyd lê presies daar. Die toneel dui op die hoop wat Jordan in die 1930's gehad het en selfs vroeër (hy is gebore in 1906) - 'n droom soos dié van Dr. Martin Luther King Jr., 'n droom van algehele rasintegrasie en geregtigheid vir almal. Laasgenoemde het gesê:

I have a dream that one day ... the sons of former slaves and the sons of former slave-owners will be able to sit down together at the table of brotherhood ....... I have a dream that one day the state of Alabama .... will be transformed into a situation where little black girls will be able to join hands with little white boys and white girls and walk, together as sisters and bothers (my klem).

(King Jr. 1968: 43-44)

Albei sien die jeug as 'n nukleus waaruit verandering vir 'n beter wêreld gegenereer sal word. In die aanhaling uit Jordan hierbo sien ons hoe al die "nasionale" bevolkingsgroepe - Afrikane, Kleurlinge, Indiërs en 'n witte, wat die onderdrukker en die onderdrukte verteenwoordig in 'n koshuis saamgegooi word (as verteenwoordigend van die land?) en in vrede saamleef. Dit is baie soos die scenario waaarvoor die belangrikste bevrydingsbewegings - ANC, SACP en COSATU - baklei: 'n nie-seksistiese, nie-rassistiese demokratiese eenheidstaat.

So lyk die samestelling van Jordan se kosmologie. En, soos ons aangedui het, was dit daarop gerig om die Afrikane van die 1930's en latere generasies te beïnvloed om na hul posisie te kyk en sterk genoeg te wees om te wees wat hulle natuurlikerwys is, liewer as om die ongelukkige nabootsers te wees van die Europeërs - Europeërs wat hulle nie as menslike wesens aanvaar nie, 'n negatiewe houding wat selfs die Afrikane wat eens 'n opvoeding en stemreg gehad het, geaffekteer het! Biko het verontwaardig in die hof gesê gedurende die eerste week van kruisverhoor in Mei 1976:

This country looks, My Lord, like a province of Europe. You know, to anybody who perceives the behaviour pattern it looks like a province of Europe. It has got no relation rootwise to the fact that it happens to exist in Africa ... We don't behave like Africans, we behave like Europeans who are staying in Africa.

(Biko, geredigeer deur Stubbs 1978: 131)

Jordan en alle bekommerde Afrikane, soos Biko, het insig in die situasie gehad. Almal stry vir dieselfde ding waarvoor Biko baklei het:

.... we don't want to be just merely political, we want to be people living in Africa. We want to be called complete Africans, we social Africans ... for God's sake it (our culture) must have African experience....

(Biko, geredigeer deur Stubbs 1978: 131)

Selfs die opstel, "Ukwindla," waarin Jordan die self-voorsienende en heelheid van lewe in 'n Afrika-area beskryf waar nog geen blanke gesien is nie, het dieselfde boodskap: Afrikaan, jy was voorheen 'n man; Afrikaan, bou jou manwees nou en wees jouself - jou vryheid is in jou hande!

In die 1930's en vroeër was dit moeilik vir 99.9% van alle Afrikane om 'n demokratiese, nie-rassistiese Suid-Afrika te visualiseer; ons weet slegs van 'n paar mense wat vir Afrika- regte gestry het onder die banier van die ANC en die vakbonde. A.C. Jordan was een van hulle. Ek is van mening dat die diep filosofiese visie en die profetiese stem wat ons hoor in sy roman, sy opstelle, in sy stories, in sy poësie en in Towards An African Literature ons weer bring by die waarheid van Bybelse denke: Wat eerste is sal laaste wees en die laaste sal eerste wees. Jordan se visie is besig om waarheid te word: die veragte en gemarginaliseerde ongeletterdes het finaal die opperhand gekry in Ingqumbo Yeminyanya, en die swart Afrika-meerderheid wat vir so lank onderdruk was, is nou besig om hul regmatige plek in te neem, deur vreedsame of gewapende stryd of deur onderhandelings, soos in die res van Afrika gebeur het.

Bibliografie

An Anglican Prayer Book. 1989. London: Collins Liturgical Publications.

Biko, S. (red. A. Stubbs). 1978. I Write What I like. Oxford: Heinemann International.

Holy Bible - Good News Edition. 1988. Cape Town: Bible Society of South Africa.

Jordan, A.C. 1940/1979. Ingqumbo Yeminyanya. Alica: Lovedale Press.

Jordan, A.C. 1972/1974. Kwezo Mpindo ZeTsitsa. Alice: Lovedale Press.

Kettle, A. 1988. Literature and Liberation. Manchester: Manchester University Press.

King, M.L. (Jr.). 1968. An Ebony Picture Biography. Chicago: Johnson Publishing Company.

Makalima, R.G.S. (ongepubliseerde onderhoud - Februarie 1991).

Memmi, A. 1990. The Colonizer and the Colonized. London: Earthscan Publications.

Mqhayi, S.E.K. 1914. Ityala Lamawele. Alice: Lovedale Press.

Mqhayi, S.E.K. 1929. UDon Jadu. Alice: Lovedale Press.

uit Engels vertaal deur Philip John


Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/jordan.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 9 Augustus 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]