Digters, professors en die harde liriek van die universiteitslewe

Poëtiese persepsies van universiteitslewe, anno 2001, Universiteit van Port Elizabeth




Om `n rewolusionêre nuwe pedagogiese metode uit te toets Disclaimer het BOGLAG (Beweging van Onverbonde Getraumatiseerde Leerkragte) haar lede gevra om deel te neem aan 'n eksperiment wat in samewerking met die EU, die DBV en SADOU in Suid-Afrikaanse opvoedkundige inrigtings uitgevoer word. BOGLAG se verteenwoordiger aan die UPE, Prof Helize van Vuuren, het as haar bydrae tot hierdie eksperiment eerstejaar- en tweedejaar-studente in kursusse in Afrikaanse poësie gevra om tuis `n gedig (in sonnetvorm óf in vrye vers) te gaan skryf oor óf "Die student" óf "Die professor".
Dié opdrag was aan die studente voorgehou as deel van 'n poging om te verduidelik hoe verwikkeld dit is om in tradisionele versvorm aan gedagtes uiting te gee.
Soos hieronder gesien kan word, was die resultate besonder boeiend of, soos dit gestel word in die navorsingsverslag wat Prof Van Vuuren aan die nasionale navorsingsinstituut gestuur het "...veral insiggewend oor die verskille in aanslag, en die persepsie van universiteitslewe wat uit die gedigte van voorgraadse studente na vore gekom het" (p. 32). Sy het ook geskryf: "Vergelykings met die poësie wat tydens die Eerste Taalbeweging, die Dertigers en die "dirty realism" van die afgelope paar jare verskyn het, is voor-die-hand-liggend en gee duidelike aanduidings van die rigting waarin navorsing van hier af moet beweeg" (p. 4).

Eerstejaars: Tussen wroeging en eerste ekstase
Die student
L. van Oudheusden
Die beste jare van jou lewe?
Moira Schoeman
Die studente
Anneli Westraadt
Die professor
Gideon Kotzé
Die student
Mariska van Zyl
Studente
Ronel Louw
Die studente
Sanet Bekker
Die student
Lené Erasmus
Tydlose vrae
Monique Venter
Die professor
D. E.
Die Student
Sunél Swart
Die bande word verbreek
Ilse Viljoen
Die student
Wendy-Lee Birkholtz
Die lektor
Lynn Knoetze
Carpe Diem
Joe Landman
How do you do
Joe Landman
Die student
Liesl Rossouw
Wat is die rede?
Paul Olivier
Die professor
Janelle Vermaak
Geilheid
Tania van der Merwe
Die student
Lezelle Rooi
. . .
Tweedejaars: die donker lig van desillusie
Die leuen
Marisa Botha
Studentelewe
Anne-Mart Kruger
Ek sal opstaan (met apologie)
P. K.
Afgetakelde
Anrika Breetzke




			Die Student

	             Omring deur bonkige Billabong-tasse
		 grou geboue en klasse, klasse, klasse
	     Onvolwasse stereotipes skuifel in massas voort
	surfers, dagga-rokers en snottie girls volg almal in akkoord
                          Ritmiese roetines wat ruik na Jik
                      verbleik die dag na swart en wit mimiek	

		   `n Gesiglose gebaretaal, alles hier
		        is in swart ink op wit papier
	     die voorspelbare massas sal dit instemmend aanvaar
			- oor vier jaar is dit klaar

			          maar

            iewers weggegooi saam met kreatiwiteit
	lê die verrotte oorblyfsels van die student se individualiteit
			
						L. van Oudheusden

Die beste jare van jou lewe?

Sommer-so het tyd sy goue sand gestrooi,
Die uur van losbreek het aangebreek.
Hier, ja hier is ek ingegooi.
Dag na dag hoor ek Hom spreek,
Hou vas My kind, die beloning is groot.
As die see sy lang, verlore sandkorrels kom haal,
Dink ek aan my Hemelse Vader, in ure van nood.
Alles, hier en daar, groot en klein word saam gemaal.
Maar Hy steek sy hand uit, en in my
eensaamheid stuur Hy engele van kordaat.
Die boeke is meegesleur om en om, verby
Winternagte raak kouer en ek is meer braaf.
En dan is jy ook daar, `n toevlug soos min.
Jou rustige stem, sagte bruin oë van die een wie ek bemin.

13 Mei 2001
Moira Schoeman
Die student

Aande, nagte, swoeg en sweet ek om
probeer hier en daar alles by kom
werk, werk gaan dit nooit op hou
Nee, julle moet jul self opbou.
Van oggend tot middag net letters en syfers
Periode na periode wroeg ons om
middag tot aand se huiswerk maak ons kykers,
moeg en dom.

Die lewe is `n resies met die klok
Maar nou begin dit ons te vang
Ons jong dae in `n hok
Maar daar buite gaan dit als hul gang.

Wanneer gaan hierdie hel verby?
Wanneer gaan ek myself weer in die lewe kan verbly?

Anneli Westraadt
Die professor

As die klok om aguur slaan
En studente kom neem plaas
Is daar iemand wat daar staan
Professor van der Kaas.

Proffie stoot sy bril weer reg
Studente slaap weereens
Niemand luister wat hy seg
En buite val die reëns

Stadig swaai horlosiehand
Dis amper tyd vir loop
Spieëltjie, spieëtjie aan die wand
Het ek my stert geknoop?

Uiteind'lik kan ons ons nou haas
Weg van Proffie van der Kaas.

Gideon Kotzé
Die student

Skaterlag en humor bekoor, die
hele klas van agter tot voor.
`n Harlekyn van absolute formaat, met
baie streke maar geen bedoelings van kwaad.

Vrolik eindig die sonnige dag, na
al die stories van die harlekyn wat lag.
Almal gaan bou aan hul lewe van lig,
waar kwaad nie deel is van hul lewensgedig.

Maar sonder son en sonder maan, is
waaruit harlekyn se lewe bestaan.
`n Honger maag `n lyf so skraal,
as die son maar net kos kon uitstraal.

Nog `n oggend van pret en plesier, die
student met die harlekyn masker is al weer hier.

Mariska van Zyl
Studente

Onseker oor die toekoms
Ek voel hoe die donker my omvou
Ek mis ma se patats en pa se bokkoms
Ek wens iemand wil sy arms om my vou
Drank is my enigste ontvlugting
Kokaïen laat my beter voel
Sielkundiges sê dis oor die ontwrigting
Ek voel my lewe het geen doel
Hier loop ek alweer deur vuil strate
weereens het ek afgedwaal
Niemand gee om oor my doel en late
en goed wat in my kop rond maal
Hier lê ek in my eie bloed
Niemand hier, net as en roet

Ronel Louw
Die student

Die student staar soos gewoonlik voor haar
maar laat haar gedagtes hierdie keer net eenvoudig vaar.
terug na die vorige aand
en word van vooraf verwaand
Hoe kon sy, die perfekte dogter
haar op só `n manier laat ontnugter

Nege maande later
bevind sy haar in die teater
Van só vinnig grootword
het sy nooit gedroom
Die kind, `n deel van haar
maak haar moeg en naar

Nou is sy `n moeder
en die student is nou haar broeder

Sanet Bekker
Die student

Vriende, paarties, baie pret,
kuier saam sonder verset.
Boeke, syfers, harde werk,
woorde met `n goeie merk.
Vir die voës is klas toe gaan,
maar nie as jy eerste wil staan.

Sappe van die druif
laat ons horisonne verskuif,
en `n vryheid van spraak
spoel vloeiend uit ons kaak.
Ten spyte van ons ouers se vertoë
bank ons klasse met genoeë.

Lae punte en benewelde sinne
laat my besef ek moet liewer van
vooraf beginne.

Lené Erasmus
Tydlose vrae

Waarheen is ons so haastig op pad?
Ons is ywerig vir die onsekere toekoms,
dat ons te vinnig beweeg in die verkeerde rat.
Te veel om te doen en soms
of altyd te min tyd
vir die dinge wat geld,
totdat die sluimerende onsekerheid
in ons harte versmelt.

Volg ek die regte kursus?
Sal ek eendag `n sukses wees?
Of is die lewe maar net `n malle sirkus,
met die hart propvol van vrees?
Is dit vir al hierdie vrae miskien: ja of nee,
net die toekoms sal verseker die antwoorde gee.

Monique Venter
Die professor

Met sy vaal-bruin gelaat
En moeë amberkleurige oë
Sit hy stokalleen en verlaat
Rig hyself sy hoogmoedige vertoë

Oor die leë studievelde in die stilte van die nag
Fynkam hy die blanke boekevlaktes van papier
Soekend na rus vir sy gewete met weemoedige klag
Pluk hy aan sy pasgevangde dooie prooi hy's die dors-vampier

Met oorvol gemoed deur die vars geparste bloed
Keer hy terug na sy titeltak in sy beneuwelde kop se bos
Fluister hy sy wyshede met `n gepronk van vere en plat hoed
Proes hy voort in sy hoog heilige hoe-hoe's preuwel.so is die lewe mos

Kyk-kyk daar sit die uil met `n snikkende gehuil in sy self bevuilde nessie
Draai hy sy skaamkop want hy's die verpeste professor wat sy dors nooit kon les nie

D. E.
Die student

Mallemeule.Deurmekaar
Feite. Feite. Feite
Heeldag leer - aanmekaar
Sonder rus sonder pret.

Opvoedkunde maak my mal
Geskiedenis laat my lag
Die aarde is `n ronde bal
My kop `n leë dop.

Sukkel, sukkel deur die nag
Wie? Wat? Waar?
My brein staan stil
Fraud, Hitler vorm `n orkaan.

Mallemeule. Deurmekaar
Tog iets wat ek kan bewaar.

Sunél Swart
(Die oorspronklike manuskrip met toeligtende aantekeninge)
Die bande word verbreek

God het jou aan my toevertrou
hulpeloos en magteloos teen die lewe
Ek was jou toevlug, jou veiligheid, en nou
is my moederskap vergete
Met woorde is jy vasgebind
alles om jou onskuld te bewaar.
So het die liefde my verstand verblind
die wêreld, volgens my, was `n gevaar.
Maar jou skooljare is reeds verby
en `n onafhanklike toekoms lê voor
maar studente se paaie kruis met baie versoekings
Ek kan jou net aan God opdra
met die hoop dat jy die regte keuse sal maak.
Ek gee jou oor aan jouself.

Ilse Viljoen
Die student

Sy sit by haar venster en kyk uit na die bome,
die tyd het so gou verby gegaan.
Nou die dag was dit nog alles drome
toe sy daar onder die boom gestaan het by die tennisbaan.

Sy het uitgesien na dié jare
en sy't gehoor dit gaan wonderlik wees.
Gelukkig is sy nie deur die blare,
maar sy het tog `n bietjie vrees.

Universiteitslewe is so anders en daar's só baie werk.
Sy voel nog so hulpeloos en so klein.
As sy kla hoor sy haar ma sê: "Wees net sterk,
al is die werk so `n pyn!"

Ja, die lewe van `n student is maar besig en vol
en partykeer ook baie, baie dol.

Wendy-Lee Birkholtz
Die lektor

In die gestig
wat die hand nie kan tug
daar waar papiere soos populierblare
rondom moeë oë, die laaste are
ontrafel, lê die rooi gevaar voor
want die aand boor rooi dieper en dieper voor

`n nag, `n dag, `n week
hier sit ek weer nog `n week
die rooi gevaar breek die aar
van ontevredenheid alweer daar.

rooi gevaar breek die aar
rooi gevaar breek die aar
verlos van die lewe
waar stemme bly bewe.

Lynn Knoetze
Carpe Diem

op `n grafsteen grou-grys en grof
vergete, vervaal en dof
staan daar geskrywe in argaïese nood
van `n man klaar gebore lankal dood
glo ver gereis en diep gesoek na
`n vergeetbare skat in sy geliefde land Suid-Amerika
Na ek myself met hierdie woorde sou vul
ontdek ek links van die graf `n gebroke ampul
ek tel elke een van die gebroke dele op
en vorm dit weer, nek ore en kop
`n kil-koue wind waai deur my klere
hoe dankbaar is ek om vandag te lewe
- Hier lê `n professor van kenmerkende belang
en wat doen ek, ek gaan my gang -

Joe Landman
How do you do

`n klong stap nou die dag ons mythology klas in duidelik confused
ek sê vir jou dit was wragtie soe
hy sta da innie door met tears in sy oë
ek roep hom toe ma nader what else could I do

perfect gedress en nervous ek kry hom nie gevat
ek sê toe vir hom hy moet sit op sy gat
na dié episode kyk almal mos toe vir my
dis nou asof iemand anners hom sou bevrind het wee jy

agter my sit sêra en sy skop my amper siek
die mannetjie kom van `n anne plek kan net ingils speak
my eyes raak toe mos soos `n screw loose
ek sukkel self met my ingils nous ek self confused

voor ek kon move en my eyes trug screw
draai hy na my en sê how do you do

Joe Landman
Die student

Die student is nie meer kind
Nie meer tyd vir speel
Nie meer tyd vir kinderagtigheid
Dis of leer of drink
Dag is lank met baie werk
Kan of los en "party" hou
Of kan leer en geld maak
Besluite neem jy self
Geen meer iemand wat dit vir jou doen
Kan een kursus doen of sommer tien
Die een wie werk kom ver
Die een wie "louf" word straat veër
So werk maar hard
en los die dop vir die wat wil

Liesl Rossouw

Wat is die rede
vir die wrede gebere
Die aande van swoeg en sweet
is my poging om te help teen leed

Maar die aande in die kroeë
dra by tot my groot bewoeë
Die strewe om die balans te hou
Is die sleutel na die toekoms of nou

Maar die geleentheid moet ek benut
om kennis van menswees te besit
Want aan die einde van die dag
Is dit ek wat besit het oor die mag.

Paul Olivier
Die Professor

Die Professor het die kind stip in die oë gekyk,
die student voel die oë van die Professor op haar brand.
Die kind is bang, en dink: "Ek wens ek was `n lyk."
Die Professor skree: "Kry jou lessenaar aan die kant,
Anders gaan ek jou lewendig verbrand!"
Die student spring op, haar oë vol trane;
Die Professor is geskok en verras van `n kant,
Maar dit is te laat, en sy open die krane,
Die student hardloop uit, verlore in trane.
Die Professor dink die student gaan net draf,
maar sy hardloop so vinnig, sy hoor hoe kraai die hane
In die skemerlig op haar graf.
Moet nooit `n vuil lessenaar en `n Professor meng nie,
Want dan kry `n mens `n bitter bredie!

Janelle Vermaak
Geilheid

Luister na hoe die branders kommunikeer
Die windjie wat oor die waters ligtelik waai
hoe die sonfeetjies dans op die waters sonder enige seer
wat kom sou niemand kon raai

Die eerste sneeu flokkie
Die eerste herfs blaar
`n rooi geverfde blokkie
die wind is `n skerp snaar

Maar die sneeu het gestort oor die vulkaan
Wat gebeur het kon ek nie keer
My siel het gerys na die maan
lanks die pad ongelooflike seer

Wat liefde was is nou haat
van geilheid het ek niks gebaat!

Tania van der Merwe
Die student

Soos die donker vleuels van die nag
soos die helder sonskyn van die dag
so lê die student se lewe vir haar en wag.
Donker ure laat in die nag sit sy op met haar boeke
om haarself voor te berei vir die volgende dag.
So gaan dit aan die hele week
maar kom Vrydag kwart oor drie
is sy los en vry sonder verdriet
geniet elke uur
geniet elke oomblik
want die student se lewe is vol pret en vrolik.

Eksamentyd is hier
en daar is niks meer te vier
stres en vrees, jy sal lekker moet wees
hare val uit en breinselle fry
soms wens jy net alles en almal kan vlieg
in hul maai.

Lezelle Rooi
Tweedejaar studente:
Die leuen

In teenstelling met die idilliese bestaan
is die studentelewe `n leuen
wat in stresvolle semestertoetse en eksamens vergaan
ons is afhanklik van Red Bull en Bio-plus se steun
dag in dag uit
soos beeste plof ons studente deur die lektore se stof
maand in maand uit
swoeg en ploeg ons vir prys en lof
die vonnis moet gedien word
1095 dae word teen die kalender geskrap
ons word uit die ou sisteem gestort
na `n nuwe sisteem wat ons verkramp
maar die studentelewe is `n Utopia
in vergelyking is die regte wêreld `n verbleikte sepia.

Marisa Botha
Studentelewe

Die ivoortoring van die opvoedkunde intimideer:
`n koue onpersoonlike standbeeld wat roetine afdwing;
omring deur kleiner, grys vakuole wat breinselle verteer,
gevul met lektore wat ons met kennis verdring.
Klasse word bygewoon, werk net betyds ingedien
en daagliks word daar deur die onbekende geploeg,
dit alles om daardie blêdie D.P. te verdien
sodat ons saam met Stres deur Eksamen swoeg.
Vakansies en naweke is ons enigste uitkoms:
Rave, Rum en Coke en Bennie en Hennie sal vergoed.
Nou is alles net `n beslommernis vir die toekoms,
en die moeite werd wanneer ons met `n hoofpyn boet.
Maar té gou is ons stryd verby, die einde in sig,
en met `n graad soek ons in die donker lig.

Anne-Mart Kruger
Ek sal opstaan (met apologie)

Ek sal opstaan en na my professor gaan;
Opstaan vir my studies en graad;
opstaan en wegloop van my waan:
ek kan hieruit niks baat.
Verwonder oor haar breë kennis
sal'k haar saggies vra om te vergeet
wyl sy vertel van gistraand se mikrogolfoond-dis
en my kennis van ons taal terselfdertyd verbreed.
Ek sal weer soos `n eerstejaar - jonk en sterk,
myself as student laat deug;
stres oor die massa van my werk,
en saam met haar aan `n sigaret teug.
Voorwaar, onmiddellik na my professor sal
en moet ek gaan, en haar voete val.

P.K.
Afgetakelde

Droë trane sement jou wange vas
`n Onophoudelike gelui in jou kop, `n telefoon
wat `n vorm van liefde probeer toon.
Uitgesproke, skreeuende, kwintettige las.
Hoeveel kilometer is in drie jaar
en indien jy die einde bereik kry jy goud, silwer of brons?
Gaan lewe altyd gepaard met dié permanente gegons?
Ondervinding, teleurstelling, aanhoudende naar.

Buitengewone bewegings stysel jou brein,
vorm die membraan wat jou gedagtes beheer
Jy probeer dit beheer, maar dit bly seer.
Afgetakel, stilgemaak, geel stippellyn

Senuwerende gonsende by
steek jou dood en vlieg verby.

Anrika Breetzke
INHOUDSOPGAWE
TUISBLAD






Copyright:  © 2001 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/klasvers.htm
This page maintained by:   Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 1 Julie 2001
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]