SKOP hou kompetisie Disclaimer

Behalwe dat die wind waai, gebeur daar soms ook ander, meer prosaïese dinge in Port Elizabeth. Soos dat mense gedigte skryf.

Onlangs het die Skryfkring van die Oostelike Provinsie (SKOP) besluit om 'n kompetisie onder die lede te hou. Die Skryfkring bestaan nou bietjie langer as 'n jaar en "ons moet tog iets hê om te wys, nie waar nie," het een van die beskermpersone van die vereniging, Adam Kadmon, so 'n paar maande gelede tydens 'n vergadering deur die medium van een van die lede gesê. Dié voorstel is entoesiasties ontvang en die lede het aan die werk gespring.

Die inskrywings van die lede is anoniem beoordeel deur 'n paneel wat bestaan het uit Ella van Niekerk van Port Elizabeth, Monica Lewinsky van Uitenhage, Tinus du Preez van Port Elizabeth, Joost van der Westhuizen van Pretoria en Philip John van Umtata. SKOP kon ongelukkig nie genoeg geld bymekaar kry om Pamela Anderson te oortuig om ook op die paneel te dien nie. Daar's altyd 'n volgende keer..

Onse angeltjie het onderneem om die beste drie gedigte en verhale te publiseer, wat soos volg uitgedraai het:

Verhale

Eerste prys: Die koerantberig - Magriet Retief

Tweede prys: Die watergees - Stef Delport

Derde prys: Die skons - Elizabeth de Vos

Gedigte

Eerste prys: Naby die voorlaaste stasie - Danie Venter

Tweede prys: Erfgoed - Lynette Weideman

Derde prys: Skuldbelydenis van Thetis - Monica Jacobs

Dit wys net: dit kán gedoen word, maak nie saak hoe kwaai die wind waai nie!

Daar is nog poësie in hierdie uitgawe, ook van die deelnemers aan die kompetisie:

Danie Venter

- In 'n raam van Salvador Dali
- Van die Federasie van Skuldige Gewetes
Lynette Weideman
- Volmaan

INHOUDSOPGAWE
TUISBLAD




Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/skop.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 6 Desember 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]