ONSE ANGELTJIE NOMMER 8.6

Baie mense is van mening dat die "moderne" wêreld waarin ons leef, gekenmerk word deur 'n toenemende simboliese en kulturele armoede en dat dié armoede deur mondialisering Disclaimer en die verbruikerskultuur vererger word. Onse angeltjie bied in hierdie uitgawe verskillende perspektiewe op sulke gedagtes: dit mag wees dat die verbruikerskultuur die wêreld juis 'n lewendiger en gevaarliker plek maak vir "sensitiewe" siele, vir mense vir wie "kulturele" dinge voorrang geniet bo narsissistiese selfhaat en die materialistiese verleidings wat daarmee saamgaan. Ons is dié wat nog kan voel en kan sê, genoeg is genoeg. Ons is die skoktroepe van 'n nuwe wêreld, dié wat al die "redelikes" - ons gekwelde blink moraliste - help om te verstaan wat bedoel word met die slagspreuk: "Jingo, staan opsy!"
Die Van Stadensrivierbrug buite Port Elizabeth hierbo - 'n brug oor die oneindigheid - kan moontlik gesien word as 'n plek waar ons meer oor ons moderne wêreld kan leer, 'n plek waar mense met hul liggame wys wat die moderne kultuur beteken: wat sou dui op 'n ander soort skrif as dié waaraan ons gewoond is (die tol geëis deur dié brug staan al oor die veertig).
Minder voor-die-hand-liggend miskien is die bydrae uit Ierland deur Edward Burke oor Karel Schoeman se Verkenning. Hy wys op interessante ooreenkomste (en verskille) tussen die geskiedenisse van die Iere en van Afrikaanse mense, soos die kolonisering en diskriminasie wat Iere aan die hand van die Engelse deurgemaak het, asook die feit dat die verlies van hul taal deel was van hierdie ervaring.

Inhoud.......

1. Bondgenoot of medepligtige? 'n Skrywer besin oor sy dagboek

Verdere gedagtes oor dagboekskryf
.............................................................deur Hennie Aucamp

2. Een blik op Karel Schoemans Verkenning

Die representasie van Boere (en Iere)
.............................................................deur Edward Burke
- die Ierse letterkunde
- Karel Schoeman en die Ierse konneksie
- die Ierse taal

3. Cosa nostra

Noo(r)dbestaan VI - 'n Familiestorie
.............................................................deur Edna Deudney

4. 'n Fontein van goedheid in stories

Onderhoud met Piet Naudé
.............................................................deur Philip John

5. riskante REKLAME

Beeldgedagtes oor populêre kultuur

6. Verhale

Die laaste graf - Stef Delport
7. Gedigte


Melt Myburgh

jy slaap nog, my skat
vir michelle
www.owlhouse.co.za
in die droom van don carlos ...
Des Fourie

wip jou wipselse wip
Om in te gaan
Afskeid van 'n mede-reisgenoot
As ek oor jou droom
Strandveldlente

Elriena Delport

Kinderlose moeder
Die gloeilamp
Interne verhuising revisited

Lucy Slinger

Die wind waai wyd
Wie is die moordenaar?


Redakteur: Philip John
Mede-redakteur: Helize van Vuuren

Onse angeltjie word uitgegee deur Philip John.

Departement Afrikaans
Universiteit van Transkei
Privaatsak x 1
UNITRA
Umtata

5117

Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die universiteit nie.

Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die outeurs.
Enige gebruik van die materiaal in die tydskrif vir kommersiële of omgewingsonvriendelike doeleindes sonder die toestemming van die outeur(s) of die redakteur, word nie toegelaat nie.

Tot volgende keer.

Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/angel4-2.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 6 Desember 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]