Onse Angeltjie

KOL

Hier's ons weer, hier's ons weer.......

Die formaat van Onse angeltjie het aan die begin van 1998 begin verander, weg van die papiermodel af, nader na 'n opregte web-model toe. Twee keer 'n jaar is nie genoeg nie - boeke word gepubliseer en moet geresenseer word, en die nuus moet by lesers uitgebring word. So, ons dateer elke 'volume' nou op soos wat bydraes inkom.KOL

Met hierdie uitgawe wend ons weer 'n poging aan om die kulturele verskeidenheid van die Oos-Kaap te laat spreek met 'n onderhoud met Yvonne Burgess en artikels oor A.C. Jordan, Kaatje Kekkelbek, Andrew Geddes Bain en die Blinkwater-monster. Hopelik sal soortgelyke dinge ook in Engels en Xhosa (oor 'Afrikaanse' gebeure) binne ander forums kan plaasvind. Ons sal maar moet sien.

KOL Tot dan, roer die vingers en skryf aan ons: Kerneels Knyperd II
INHOUD
 
A. Artikels en gedagtes 

1. Andrew Geddes Bain: 

Aflewering drie van 'n oorsig oor Oos-Kaapse literatuur:
Op die spoor van die Blinkwater-monster
...................................................... ....................deur Helize van Vuuren
2. As duisende der duisende vinke vlug
Vertellings oor die vloed uit Tsjeggië
...................................................... ....................deur Edna Deudney
3. Pen, papier, kop in die Baai
Kreatiewe skryfkursus: Departement Afrikaans, UPE, 14 April - 21 Mei 1998
...................................................... ....................deur Karel Knyptang III
4. In die voorkamer van die ewigheid
: 'n Onderhoud met Yvonne Burgess
...................................................... ....................deur Philip John
5. A.C. Jordan se kosmologie - Relevansie in konteks
'n Blik op die werk van A.C. Jordan
...................................................... ....................deur W.M. Kwetana
 
In memoriam: Agnes Barbara Bosch
 
B. Resensies 
Bly te kenne, Braam - Clive Smith (1997)
deur Frans Britz 
Rugdraai en stilbly - E.K.M. Dido (1997)
deur Noncedo Gabada 
Maasdorp. Omnibus 3 - Stella Blakemore(1998)
deur Tilana du Plooy 
Die man met die dertien kinders - Harry Kalmer (1998)
deur Wilhelm du Plessis 
Afrikaans in Afrika - Christo van Rensburg (1997)
deur Attie Coetser 
Oewerwysheid. 'n Handleiding vir die varswaterhengelaar - deur Daan Engelbrecht (1997) 
deur Philip John 
 
C. Kreatief 

Hier het dit sommer voor die wind gegaan. Kyk net hier: 

Poësie: 

"Die snoek" - Barend J. Toerien 
"man made language" - Susan Smith 
"mother tongue" - Susan Smith 
"weerspreek" - Susan Smith 
"Material world" - Susan Smith 

Prosa: 

Up where we belong - Clinton V. du Plessis 

Ongesiens - Frans Britz 

Onse angeltjie is ook trots om skryfsels van deelnemers aan UPE se kreatiewe skryfkursus hier te plaas. 

Die menu lyk soos volg: 

Poësie: 

"Keer my" - Des Fourie
"Pa" - Des Fourie 
"N'Awlins Louisiana Desember 1997" - Elzabé Kritzinger 

Prosa: 

Desnieteenstaande - Kobus du Toit
Spreuke en psalms en Arnoldus - Elzabé Kritzinger
Die rooi lêer - Kobus du Toit 

 
 
D. Kompetisie 

Die kompetisies wat in die vorige Onse angeltjie's geplaas is, is nie verskriklik goed ondersteun nie (miskien is dit ook nie verskriklik goed ge-administreer nie). Die eerste kompetisie is gewen deur Marlise Joubert wat die korrekte antwoord verskaf het, naamlik dat die gedeelte van Lichtenstein se teks waarna verwys is, verwerk is in Karel Schoeman se Verkenning. Sy het 'n kopie van Hennie Aucamp se Allersiele vir haar moeite gekry. 

Die kompetisie wat in hierdie uitgawe gehou word, is eenvoudig: 

'n Kopie van Breyten Breytenbach se Papierblom sal gegee word vir 'n gedig wat in die smaak val van die redakteur en 'n geheime komitee. 

So, stuur! 

Per e-pos: john@getafix.utr.ac.za 

Die sluitingsdatum is: 20 November 1998

 
E. Bedankings 

Onse angeltjie moet weer eens 'n hele klomp mense bedank. Dit bly mens se hart warm maak om mense te vind wat bereid is deel te neem en 'n bydrae te maak. 

Spesiale dank aan die volgende mense en instansies: UPE se rekenaarsentrum, Dr. Andries Marais vir logisties-tegnologiese bystand, al die deelnemers aan die UPE-Skryfkursus, Honiball Promosies vir die Honiball-grafika en laastens, maar nie die minste nie, die SABC vir die swak programmering (nou het mens weer tyd vir ander dinge). 

 
F. Rigtingwyser 

Die boeke wat in Onse angeltjie geresenseer word, kan van die onderskeie uitgewers bekom word: 

Uitgewers van Afrikaanse boeke 

Onse angeltjie word uitgegee deur Philip John.

Departement Afrikaans
Universiteit van Transkei
Privaatsak x 1
UNITRA
Umtata

 5117

Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die universiteit nie.

Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die outeurs.
Enige gebruik van die materiaal in die tydskrif vir kommersiële doeleindes sonder die toestemming van die outeur(s) of die redakteur, word nie toegelaat nie.

Tot volgende keer.


Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/angel98b.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 9 Augustus 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]

 

U is besoeker nr.: Hit Counter