Chris Stals 2000

DOCTOR OF COMMERCE (HONORIS CAUSA)

 
Chris Stals het bykans  sy  hele  loopbaan  in die sentrale bankwese deurgebring. In 1955 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan  as  junior  beampte  tot hy in 1989 die hoogste sport bereik en wyle dr Gerhard de Kock opvolg.  Oar  hierdie  tydperk  het  hy  'n indrukwekkende loopbaan as sentrale bankier opgebou.
 
Chris Stals het ekonomie studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy in 1968 'n DCom verwerf met  sy proefskrif oar die internasionale likiditeitsprobleem. Hy het sy hele universiteitsopleiding deur die  buitemuurse afdeling van die Universiteit van Pretoria gevolg, wat opsigself baie toewyding en volharding vereis het.
 
Soos sy loopbaan by die Reserwebank gevorder  het, het sy talente toenemend na vore getree in die beleidsmakende prosesse van Suid-Afrika. In  1985  word hy aangestel as Direkteur-Generaal van die Departement Finansies, waar hy vier jaar ervaring in openbare finansies opdoen, wat van onskatbare waarde sou wees in sy toekomstige rol as Goewerneur van die Reserwebank. Die stelling dat goeie ekonomiese beleid ko0rdinasie tussen monetere en fiskale beleid moet insluit, het algemene besit geword. Hierdie tema het herhaaldelik voorgekom in Chris Stals se toesprake en was kenmerkend van sy benadering, moontlik vanwee sy loopbaan by die Departement Finansies.
 
Die dekade wat Chris Stals deurgebring het  as Goewerneur van die Reserwebank was gekenmerk as onstuimig - sowel vanuit 'n sosiale as  ekonomiese oogpunt. Dit was beslis nie 'n tydperk van gewone uitdagings wat aan enige Goewerneur van  'n  sentrale bank gestel word nie. Gegewe die situasie waaruit Suid­ Afrika beweeg het, was dit noodsaaklik om  monetere beleid te implementeer in 'n land wat sowel demokratisering as globalisering ervaar het. Sy tydperk as Goewerneur van die Reserwebank het dus saamgeval met 'n era van groot onbestendigheid in die wereldekonomie asook in binnelandse ontwikkelings.
 
Op die buitelandse front het die  toenemende  integrasie van die wereldekonomie -- algemeen bekend as die "w8relddorp" - wesenlike veranderinge gebring aan ons internasionale posisie. Met groot hoeveelhede mobiele kapitaal wat in 'n toenemend kompeterende wereld rondbeweeg, het Suid-Afrika as opkomende mark, 'n vaardige en bestendige hand by die Reserwebank vereis. Chris Stals het daardie bestendige hand voorsien.  Daar was veeleisende en ingewikkelde beleidskeuses om uit te voer -- en Chris Stals het  nie  versuim om hierdie keuses te maak nie.
 
Op die binnelandse front, nadat hy heraangestel is as Goewerneur in Augustus 1994, moes dr Stals die onvermydelike vroee onsekerhede oor die ekonomiese beleid van 'n nuwe regering bestuur. Daar was ook die groot fiskale tekort, geerf van die  vorige  regering, waarmee daar rekening gehou moes word in di8 beleid. Sy strewe na finansi81e stabiliteit was genadeloos. Dieaanvaarding van die konsep  dat  finansiele  stabiliteit  een van die sleutelvoorvereistes  1s  vir  suksesvolle transformasie in Suid-Afrika, is deur Chris Stals  gehelp vestig. Hy het oak 'n belangrike bydrae gelewer om die psigose van 'n hoog- en laagkonjunktuur, kenmerkend van vroeere dekades, die nek in te slaan.
 
In hierdie proses kon hy verseker dat monetere dissipline instrumenteel sou wees om by te dra tot die vermindering van inflasie tot sy huidige vlak, die laagste in dekades. Dr Stals het ook 'n belangrike rol gespeel in die progressiewe bevryding van die finansiele markte, insluitend die verslapping van valutabeheer, deur die ekonomie oop te stel. Al hierdie maatreels meet gesien word in die konteks van sy verbintenis tot 'n markgedrewe ekonomie.
 
Chris Stals was 'n sterk voorstander van Reserwebank­ outonomie in die formulering van monetere beleid,  terwyl hy terselfdertyd die behoefte aan grater deursigtigheid en toerekenbaarheid van die Bank se kant af ingesien het. Hy het ook die weg gebaan om op inflasie as teiken te fokus wat nou 'n werklikheid in Suid-Afrika  geword het. Hy was die baanbreker wat die debat geopen het oor hierdie belangrike aspekte van sentrale  bankwese.  Sy reputasie en status as uitstaande Sentrale Bankier is binnelands en oorsee erken, selfs deur diegene wat dikwels van sy beskouings verskil het.
 
Miskien was die een karaktertrek wat dr  Stals onderskei van die gemiddelde Sentrale Bankier, sy vermoe om die teorie met die praktyk te versoen in suksesvolle monetere beleidstoepassing, 'n kenmerk wat hy vaardig bewys het deur sy baie jare in openbare en akademiese debat. Dit was moontlik hierdie besondere kwaliteit wat deur die bankkorps ge'identifiseer is toe hy in 1995 die toekenning van Eurobankier van die Jaar ontvang het.
 
In Augustus verlede jaar by Chris Stals se amptelike afskeidsfunksie by die Reserwebank het President Thabo Mbeki uit sy pad gegaan om die wyse te ondersteun, waarop die Reserwebank gefunksioneer het ender dr Stals se leierskap. Sy prestasies en reputasie is ook oor die jare op verskeie ander wyses erken. Hy het 'n 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch en dien tans as Kanselier van die Universiteit van Pretoria.
 
Die Universiteit van Port Elizabeth is verbind tot die suksesvolle transformasie van Suid-Afrika. Die Universiteit erken die lewensbelangrike rol wat gesonde  finansies speel in die ondersteuning van die prestasies van transformasie. In Chris Stals vind ens die verpersoonliking van uitmuntendheid op hierdie gebied, gekoppel aan 'n realistiese begrip van die behoeftes  van  'n samelewing wat die beste uit transformasie en  globalisering  verlang. Dit is gepas vir die Universiteit om dr  Stals se bydrae tot  die ekonomie as 'n sosiale  wetenskap te  erken, sowel  as 'n praktiese instrument om ekonomiese en  sosiale welstand te verbeter. Dit is daarom ook 'n  merkwaardige eer vir die Universiteit om die graad Doctor Commercii honoris causa aan Christian Lodewyk Stals toe te ken.