Ferdinand Deist 2000

DOCTOR OF PHILOSOPHY (HONORIS CAUSA)

Ferdinand Deist was een van die mees uitstaande en produktiewe vakkundiges op die gebied van Ou Testament- en Ou Nabye Oosterse studies wat Suid-Afrika  voortgebring  het.  Hy  het 'n besondere bydrae gelewer tot teologiese reflek­ sie en diskoers in Suid-Afrika, deur die merkwaar­ dige wyse waarop hy die rolle  gekombineer  het van akademiese teoloog en auteur van populere teologiese publikasies, met sy kritiese refleksie op die wyse waarop teologiese paradigmas die etas van die samelewing inspireer. Onder sy kollegas is hy gerespekteer vir sy integriteit, humorsin en buitengewone vermoe tot harde werk,  en  nag meer vir sy intense belangstelling in hul eie vakkundige werk en loopbane. Sy publikasies is altyd ge'inspireer deur 'n diep oortuiging dat die wereld van die Bybel en die Ou Nabye Ooste toeganklik en verstaanbaar moet wees vir alle belangstellendes. 

Deist se belangstelling in die kontemporere belang van Ou Nabye Oosterse tekste en kulture het horn aktief laat deelneem aan die groeiende internasio­ nale debat oar nuwe benaderings tot Bybelse interpretasie sedert die begin  van die  1970's.  Op 'n tyd wat die akademiese studie van die Ou Testament in Suid-Afrika, veral in  Afrikaanse kringe, grootliks ge'isoleer was van internasionale kritiese diskoers, het Ferdinand Deist 'n invloed­ ryke rol gespeel deur die Bybelse vakkundiges te konfronteer met fundamentele vrae aangaande die gesag, aard en gebruik van die Bybel. Sy beklem­ toning van die feilbaarheid van die interpretasie­ proses en die konteksspesifieke aard van Bybelse tekste, het van horn 'n onverbiddelike kritikus gemaak van die na'iewe manier waarop die Bybel toegeeien word om ideologiese en groepsbelange te dien. Binne die Suid-Afrikaanse konteks het hy daarom konsekwent gewys op die fundamentele leemtes in die teologiese paradigma waarop die stelsel van Christelike Nasionalisme gesteun het, en gewaarsku teen die gevare van staatsteologie.

In die lig van die integrale rol wat  die gesag  van die Bybel in die ideologiese regverdiging van apartheid gespeel het, is dit nie verrassend nie dat Deist se standpunt horn -dikwels die sensuur van gesagstrukture binne die Nederduitse Gereformeer­ de Kerk op die hals gehaal het. Kenmerkend  van sy karakter het hy 'n volgehoue kritiese dialoog gevoer met die denominasie, waaraan hy sy lewe lank behoort het, en deur wie hy selfs  tien  jaar lank formeel aangekla was van dwaalleer, na 'n preek oar die boek Amos. Hy het egter toenemend bewus geraak van sy beperkte begrip van die meerderheid van sy mede-Christene se lyding in die apartheidsjare. In sy besonder roerende boek "Sorry Sam", beskryf hy sy verhouding met 'n prominente swart teoloog, wat  in  die  vroee  70's sy student was in Semitiese Tale aan die Universi­ teit van Port Elizabeth. Voor Sam Abrahams se huidige posisie as professor in Ou Testamentiese teologie aan die Universiteit van Fort Hare het hy die wanhoop van sy gemeentelede in Schauder­ ville, Port Elizabeth, ervaar, die vernedering van internering en ondervraging onder die land se veiligheidswette en die eensaamheid van die lewe in ballingskap. "Sorry Sam" is die uitdrukking van die persoonlike skuld wat Ferdinand Deist gevoel het oar die gevolge van die apartheidstelsel op 'n kollega en vriend, en toon hoe  diepgaande  Deist se teologiese refleksie ge'integreer was in sy karakter en wese.

Ferdinand Deist is in 1944 in die distrik Piketberg gebore. Albei sy ouers was onderwysers, en van die vroegste Christensendelinge wat onder die Tiv­ mense van Soedan gewerk het. Deist het aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer vir die teologiese bediening in die Nederduits Gerefor­ meerde Kerk. Nadat hy sy BA-graad met onderskeiding in 1965 verwerf het, studeer hy gelyktydig in Semitiese Tale en  Teologie.  Professor Charles Fensham wat 'n sleutelrol gespeel het in die ontwikkeling van die studie van Semitiese Tale aan die universiteit, se vurige belangstelling in die kulturele en letterkundige wereld van die Ou Nabye Ooste, asook  sy skakeling met verskeie internasionale vakkundiges, het beslis 'n belangrike invloed gehad op die vorming van Deist se intellektuele horisonne.

Tussen 1966 en 1668 voltooi hy sy BA Hons  en MA in Semitiese Tale sowel as sy BTh-graad, al drie met onderskeiding. Na sy aanstelling in 1969 aan die Universiteit van Port Elizabeth, voltooi  hy sy Dlitt in Semitiese Tale in 1971  onder  leiding  van Charles Fensham. Die volgende jaar ontvang Deist die Alexander van Humboldt-studiebeurs waarmee hy 'n jaar navorsing doen onder leiding van professor Otto Kaiser aan die teologiese fakulteit van die Philipps Universiteit in Marburg, Duitsland, waartydens hy probleme rakende die kritiese post-Verligtingstudie van die Bybel konfronteer. 

In 1977 sluit Deist aan by die Departement Ou Testament aan die Universiteit van Suid-Afrika waar hy 15 jaar lank dien as medeprofessor, professor, departementshoof en Visedekaan van die Fakulteit Teologie. Hy word ook vereer met spesiale erkenning as professor van buitengewone meriete. Hier het  hy  sy navorsingsbelangstellings in onder andere die  letterkundige en sosio­ historiese analise van die Ou Testament, tekstuele kritiek en Bybelse teologie tot  wasdom  ontwikkel en sy innoverende werk het horn nasionaal en internasionaal erkenning besorg. Hy dien 'n aantal jare as voorsitter van die Ou Testamentiese Werkgemeenskap van Suid-Afrika en stimuleer 'n geslag Bybelse vakkundiges om nuwe rigtings in Bybelse interpretasie te ontdek, wat veral aandag geskenk het aan 'n interdissiplinere benadering tot die tekstuele en kulturele wereld van Ou  Israel. Vele studente het hul doktorale  studies  onder Deist se leiding voltooi.

In 1992 keer hy terug na die Universiteit van Stellenbosch as hoof van die Departement Semitiese Tale en Kulture (nou Ou Nabye Oosterse Studies) waar hy dien tot sy ontydige heengaan in 1997. Sy navorsing tydens sy laaste sabbats­ tydperk aan die Universiteit  van Heidelberg  gaan in Junie vanjaar gepubliseer word as 'n mono­ grafie met die titel "The material culture of the Bible" An introduction" (Sheffield  Academic Press). Deist was ook redakteur van die Journal of Northwest Semitic Languages en is kart voor sy heengaan genooi as redaksionele raadslid van Vetus Testamentum, een van die mees gesiene internasionale tydskrifte vir Ou Testament-studie.

Ferdinand Deist het horn onderskei van menige akademiese kollegas in sy rol as "teoloog vir die mense", deur sy vermoe om ingewikkelde teologiese konsepte te kommunikeer sodat dit sin maak in die ervaringswereld van sy lesers en gehoor, en sy skryfwerk is gekenmerk deur 'n diepgaande respek vir sy lesers en die teks self. Hy het verskeie toekennings ontvang vir sy bydrae tot die be·vordering van godsdienstige perspek­tiewe en begrip in Suid-Afrika, insluitend die eerste Andrew Murray-prys vir Christelike letter­kunde.

Deist het ook sy belangstelling in mense getoon deur sy ontdekking van die ryk diversiteit van die Afrikaanse kultuur. Hy het 'n aantal kortverhale en sketse gepubliseer en was bekend in letterkundige kringe, 'n verdere bewys van sy uitstaande talente as woordkunstenaar, ver buite die grense van die akademiese wereld.

Die Universiteit van Port Elizabeth vereer graag Ferdinand Deist met 'n eredoktorsgraad in erkenning vir sy merkwaardige bydrae tot die teologiese debat en refleksie in Suid-Afrika: As briljante akademikus met vars perspektiewe op die vakkundige ontleding van die wereld van die Ou Testament en die Ou Nabye Ooste; as populere skrywer wat baie lesers die realiteit van God se werk in hul lewens laat ervaar en daaroor laat besin het, en as 'n persoon wat werklik omgegee het vir die belange en waardigheid van sy kollegas, studente, lesers en kennisse.